Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Landbou-ekonoom Uma Lele spreker by jaarlikse Mohammad Karaan-gedenklesing
Begin: 29/03/2023, 17:30
Einde: 29/03/2023, 19:00
Kontak:Karin Vergeer - 0218084792
Plek: Van der Sterr Buildinng, Lecture room 1046 (Entrance 1), SU Campus

​Die bekende landbou-ekonoom, dr Uma Lele, sal die hoofspreker wees tydens die jaarlikse Mohammad Karaan-gedenklesing wat deur die Fakulteit AgriWetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied word. Die lesing is ter ere van wyle professor Mohammad Karaan, gewese Dekaan van die Fakulteit AgriWetenskappe.

Die lesing word om 17:30 op Woensdag, 29 Maart 2023 in Lesinglokaal 1046 (ingang 1) van die Van der Sterr-gebou op die hoek van Bosman- en Victoriastraat, Stellenbosch, aangebied. Dit sal ook regstreeks gestroom word.

Professor Karaan was die voormalige Dekaan van die Fakulteit AgriWetenskappe en het ook as waarnemende Adjunkvisekanselier: Gemeenskapsinteraksie en Personeel aan die US gedien. Hy is op 13 Januarie 2021 oorlede. Met sy heengaan, was hy hoogleraar in Landbou-ekonomie aan die US en President van die Maties Rugbyklub

Dr Lele sal haar siening oor Afrika se ontwikkelingsuitdagings deel. Sy is 'n bekende deskundige van monitering en evaluering, en skrywer van die onlangse boek Food for all: International organizations and the transformation of agriculture. Dr Lele beskik oor diepgaande kennis van die multi-laterale instellings wat die struktuur van internasionale landbou-ontwikkeling uitmaak.​

RSVP