Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Om die wetenskap agter ChatGPT bloot te lê
Begin: 23/03/2023, 18:00
Einde: 23/03/2023, 19:30
Kontak:Wiida Fourie-Basson -
Plek: JC Smuts Auditorium (A203)

​Vir die eerste Stellenbosch-wetenskapskafee vir 2023, gaan Prof. Willie Brink die binnewerking van generatiewe modelle in Kunsmatige intelligensie (KI) van nader bekyk, en veral 'n paar basiese beginsels bespreek wat gelei het tot die indrukwekkende vermoëns van hedendaagse natuurlike-taalgenereringsmodelle soos ChatGPT.

Klik hier om vir in-persoon of aanlyn bywoning te registreer.

Ligte verversings sal na afloop van die praatjie bedien word.

Meer oor die spreker

Willie is 'n medeprofessor in toegepaste  wiskunde aan die Universiteit Stellenbosch. Sy navorsing is gefokus op toegepaste masjienleer, primêr in die domeine van rekenaarvisie en waarskynlikheidsrobotika. Hy is 'n medestigter van die Deep Learning Indaba wat ten doel het om masjienleer in Afrika te bevorder, 'n medestigter van Maties Machine Learning, koördineerder van die DeepMind-beursprogram by die US, en programleier van die gestruktureerde MSc in Masjienleer en Kunsmatige Intelligensie wat in 2021 ingestel is.

Hierdie Stellenbosch wetenskapskafee is moontlik gemaak deur die US se Fakulteit Natuurwetenskappe en NITheCS (Nasionale Instituut vir Teoretiese en Berekeningswetenskappe)

Die Stellenbosch-wetenskapskafee is 'n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor die wetenskappe in die openbaar aan te moedig.

Volg ons op Facebook of sluit aan by ons verspreidingslys deur 'n epos na sciencecafe@sun.ac.za te stuur.