Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: Kritikaliteit en sosiale geregtigheid
Begin: 28/03/2023, 12:45
Einde: 28/03/2023, 13:45
Kontak:Lucy Lucks / Simbongile Ntwasa -
Plek: MS Teams

Onderwerp

Die studenteprestasiedata wat die Raad op Hoër Onderwys in die vorm van die VitalStats-kohortontledings publiseer, toon reeds jare lank dieselfde konstante patroon: Ongeag die vakke wat hulle studeer, die programme waarvoor hulle ingeskryf is, en die universiteit waar hulle geregistreer is, vaar swart Suid-Afrikaners minder goed as hulle wit eweknieë op universiteit. Die 'gesondeverstandredenasie' dat dít aan die gehalte van skoolonderwys te wyte is, hou om verskeie redes nie steek nie. In plaas daarvan, lê die werklike oorsaak vir swart studente se leerervarings op universiteit onder meer in die 'wanverhouding' tussen die tipe kennis wat onderskeidelik binne en buite die universiteit as waardevol beskou word, en die praktyke wat daaruit voortvloei. 

Die aanbieding lewer 'n betoog vir elke akademiese opvoeder om hulle werk nuut te benader sodat gegradueerdes tot die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van ons land kan bydra.


The Spreker

Emeritus professor Chrissie Boughey

Chrissie Boughey het jare lank op die terrein van onderrig en leer in die hoër onderwys gewerk. Sy het haar werk uit ’n kritiese oogpunt benader met die doel om sosiale geregtigheid te bevorder. Ál haar publikasies handel oor kritiese sosiale teorie, nes die proefskrifte van die vele doktorale studente vir wie sy as promotor opgetree het. Haar boek Understanding higher education: Alternative perspectives, wat sy saam met kollega Sioux McKenna geskryf en deur African Minds uitgegee het, bied ’n ontleding van onderrig en leer in die hoër onderwys sedert die einde van die jare tagtig aan die hand van kritiese sosiale teorie.


Navrae & Bespreking​

Lucy Lucks / Simbongile Ntwasa 
llucks@sun.ac.za / sim@sun.ac.za
021 808 3717


Meer oor Auxin