Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dept Statitiek Seminaar: Jan Beirlant (Katholieke Universiteit Leuven, Belgium)
Begin: 17/02/2023, 13:00
Einde: 17/02/2023, 14:00
Kontak:Elizna Huysamen - 021 808 3244
Plek: Van der Sterr building, 2nd Floor, Room 2048


In hierdie artikel word die geval beskou waar 'n onbekende aantal van die grootste waarnemings ontbreek, onder die aanname van 'n onderliggende Pareto-tipe verdeling. 'n Oplossing word gegee vir die beraming van die ekstreemwaarde indeks, die aantal ontbrekende datapunte en ekstreme kwantiele, onder die aanname dat al die ontbrekende datapunte groter is as die waargenome data. 'n Aanpasbare seleksie metode vir die aantal boonste datapunte wat gebruik word in die beraming, word voorgestel. 'n Beramer word ook voorgestel vir die aantal ontbrekende ekstreemwaardes versprei oor die grootste waargenome data. Vir hierdie doel, word gebruik gemaak van 'n aanneemlikheid oplossing gebaseer op eksponensiële voorstellings van die spasies tussen die grootste waarnemings.

'n Asimptotiese resultaat vir die beramers van die parameters word afgelei en kommentaar word gelewer op simulasie eksperimente wat uitgevoer is.

Die metodologie word geïllustreer met 'n praktiese datastel uit die diamantmyn industrie waar verwag word dat groot karaat diamante ontbreek in die datastel.