Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bevorder sinvolle sosiale impak deur studenteskakeling
Begin: 09/02/2023, 09:00
Einde: 09/02/2023, 12:00
Kontak:Chevaan Peters - 0218089140
Plek: Stellenbosch University

Die Afdeling Sosiale Impak en die Sentrum vir Studentegemeenskappe van die Universiteit Stellenbosch (US) bied Donderdag 9 Februarie 2023 van 09:00 tot 12:00 die jaarlikse Sosiale Impak-gemeenskapsoggend aan. Die oggend maak deel uit van die US se verwelkomingsprogram vir meer as 5 000 nuwe Matiestudente en sal 'n verskeidenheid gesprekke insluit.

Die geleentheid word deur die verskillende studentekoshuise en -gemeenskappe gefasiliteer.

Klik hier​ om na die program vir die Sosiale Impak-gemeenskapsoggend te kyk.

Die tema van die oggend word vasgevang in die hutsmerk #SUengage, wat studente aanspoor om meer uit te vind oor:

  • die US se verbintenis tot die bevordering van sosiale impak;
  • waarom en hoe die US in die strewe na Visie 2040 met sy omliggende gemeenskappe skakel; en
  • hoe die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte kan help om ernstige praktiese uitdagings in ons daaglikse lewe die hoof te bied.
 ​“Sosiale impak deur studenteskakeling bly 'n belangrike manier om ons universiteit en gemeenskappe met mekaar te verbind," sê Renee Hector-Kannemeyer, adjunkdirekteur van die Afdeling Sosiale Impak.

Die diverse aktiwiteite gedurende die Sosiale Impak-gemeenskapsoggend sal toon hoe toegewyd studente op sowel Stellenbosch- as Tygerbergkampus werk om die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te help bereik én wat hulle vir 2023 beplan.

Die oggend bied nuwelingstudente 'n geleentheid om persoonlik te ervaar hoe die US met belanghebbendes in die openbare en privaat sektor sowel as met gemeenskapslede saamwerk om werklike maatskaplike uitdagings die hoof te bied en die samelewing ten goede te verander.