Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skep & Bestuur Kursusleeslyste in SUNLearn vir Dosente
Begin: 19/01/2023, 09:00
Einde: 09/02/2023, 09:00
Kontak:Natasja Malherbe - 0218082845
Plek: online via Teams; in person

​Leer om leeslyste vir jou SUNLearn-kursusse te skep. Kursusleeslyste het 'n standaardformaat en is aanlyn toeganklik vanaf enige toestel. Die leeslyste is met bestaande biblioteekversamelings gesinkroniseer en kan hergebruik word. Deelnemers sal leer om hul kursusleeslyste te skep en bestuur vanuit die SUNLearn-omgewing en om diverse inhoud van die Biblioteek en elders in een lys te kombineer.

Volg die skakels hieronder om vir 'n sessie te registreer of om die opname te ontvang:

Wo., 25 Januarie (13:00 - 14:00) *aanlyn via MS Teams
Wo., 1 Februarie (13:00 - 14:00) *aanlyn via MS Teams
Wo., 8 Februarie (13:00 - 14:00) *aanlyn via MS Teams
Wo., 29 Maart (13:00 - 14:00) *US Biblioteek e-klaskamer
Wo., 5 Julie
(13:00 - 14:00) *US Biblioteek e-klaskamer
Wo., 6 September (13:00 - 14:00) *US Biblioteek e-klaskamer

Om op jou eie met ‘n leeslys te begin, volg die volgende drie stappe en ervaar die voordele van Kursusleeslyste in 2023.

Navrae: Natasja Malherbe, tel. 021 808 2845