Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eeufeesgesprek met prof Louise Viljoen
Begin: 20/10/2022, 13:00
Einde: 20/10/2022, 13:00
Kontak:Lenelle Foster -
Plek: Lettere 693 | Arts 693

As deel van ons eeufees bied die Departement Afrikaans en Nederlands graag ‘n spesiale reeks gesprekke deur personeellede, oudkollegas en oudstudente aan. Prof Louise Viljoen praat met prof Andries Visagie oor van die projekte waarby sy betrokke is en oor haar jongste navorsing.

Die gesprek sal in lokaal 693 van die Letteregebou plaasvind. RSVP aan Lenelle Foster by lfoster@sun.ac.za om jou plek te bespreek of die Teams-skakel aan te vra.

Ongelukkig sal geen opnames beskikbaar gemaak word nie.