Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Om die draai: Vier Afrikaanse skrywers verbeel Suid-Afrika in 2050
Begin: 04/10/2022, 19:00
Einde: 04/10/2022, 21:30
Kontak:Dr Alfred Schaffer -
Plek: Fismer

As deel van ons eeufeesjaar, nooi die Departement Afrikaans en Nederlands graag alle belangstellendes na ons eerste Kollokwium sedert die begin van die pandemie.

Vier Afrikaans skrywers, Jolyn Phillips, Alettie van den Heever, Ryan Pedro en SJ Naude bespreek hoe hulle Suid(er)-Afrika in 2050 verbeel.

Sal die eerste vyftig jaar van die eeu so ingrypend wees soos die eerste vyfgtig jaar van die twintigste eeu? Hoe sien ons wêreld daar uit polities, kultureel, ekonomies, ekologies, sosiaal-maatskaplik? Watter tale praat ons in 2050? Hoe lyk die natuurlandskap? Hoe lyk Milnerton, Mitchells Plain, Mosselbaai? Hoe lyk die verdeling tussen arm en ryk? Het ons 24/7 beurtkrag, of is energievoorsiening soos ons dit ken iets van die verlede?

Kom luister na ons vier skrywers wat hul visie krities dog speels in prosa en poësie uiteensit.

Datum: 4 Oktober 2022

Tyd: 19:00 vir 19:30

Plek: Fismersaal, Konservatorium

RSVP: mail_FILL0_wght400_GRAD0_opsz48.pngDr Alfred Schaffer