Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US AvOL-konferensie Hoofpaneellid - Professor Francois Cilliers
Begin: 22/10/2022, 08:00
Einde: 24/10/2022, 17:00
Kontak:Anthea Jacobs -
Plek: Hybrid

Die 2022 Akademieskap van Onderrig en Leer- (AvOL-)konferensie aan die US kom vinnig nader. Die kongrestema vir vanjaar is 'Assesseringskultuur en -praktyke in heroënskou vir ʼn transformerende studente-ervaring'. Dit sal ʼn hibridiese geleentheid wees - die voorkonferensiewerkwinkels sal van aangesig tot aangesig aangebied word by die Devon Valley Protea-hotel net buite Stellenbosch, en die res van die kongres sal aanlyn op MS Teams plaasvind. Die hoofspreker op die oggend van Woensdag the 24ste Oktober is Professor Paul Ashwin van die Universiteit van Lancaster. Die onderwerp van sy hoofrede is “Die rol van assessering in transformerende universiteitsondering". 

Afgesien van die hoofspreker sal konferensiegangers ook op die oggend van Dinsdag die 23ste Oktober kan luister na ʼn hoofpaneel. Die hoofpaneellede is Professor Lan Yang (Universiteit van Hong Kong); Professor Francois Cilliers (Universiteit van Kaapstad); en Professor Richard Stevens (Universiteit van Stellenbosch). Verlede week het ons Professor Lan Yang voorgestel. Hierdie week stel ons Professor Francois Cilliers (foto hieronder) voor.

Professor Francois Cilliers (MBChB, HonsBSc, Med(Sc), MPhil (Hoër Onderwys), PhD (Gesondheidsberoepsonderwys) [Maastricht]) het hom aan die einde van 2012 by die Universiteit van Kaapstad aangesluit en in 2018 volprofessorstatus verkry. Hy het aanvanklik as direkteur van die Eenheid vir die Ontwikkeling van Gesondheidswetenskappeonderwys gedien. Later word hy 'n stigterslid van die UK se Departement Gesondheidswetenskappeonderwys, en hy dien van 2017 tot 2021 as hoof van dié departement. Sy navorsingsbelangstellings sluit in die leergevolge van assessering, die ontwikkeling van akademici, en die uitbouing van opvoedkundige navorsing. Professor Cilliers se toespraak gaan fokus op “Assessering bevorder leer. Wat bevorder assessering?".  Klik hier om meer te lees. 

Besoek die US se AvOL-kongreswebruimte gerus vir meer inligting of kontak Anthea Jacobs by jacobsa@sun.ac.za