Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US AvOL-konferensie Hoofpaneellid - Professor Lan Yang
Begin: 22/10/2022, 08:00
Einde: 24/10/2022, 17:00
Kontak:Anthea Jacobs -
Plek: Hybrid

Die 2022 Akademieskap van Onderrig en Leer- (AvOL-)konferensie aan die US kom vinnig nader. Die kongrestema vir vanjaar is 'Assesseringskultuur en -praktyke in heroënskou vir ʼn transformerende studente-ervaring'. Dit sal ʼn hibridiese geleentheid wees - die voorkonferensiewerkwinkels sal van aangesig tot aangesig aangebied word by die Devon Valley Protea-hotel net buite Stellenbosch, en die res van die kongres sal aanlyn op MS Teams plaasvind. Die hoofspreker op die oggend van Woensdag the 24ste Oktober is Professor Paul Ashwin van die Universiteit van Lancaster. Die onderwerp van sy hoofrede is “Die rol van assessering in transformerende universiteitsondering". 

Afgesien van die hoofspreker sal konferensiegangers ook op die oggend van Dinsdag die 23ste Oktober kan luister na ʼn hoofpaneel. Die hoofpaneellede is Professor Lan Yang (Universiteit van Hong Kong); Professor Francois Cilliers (Universiteit van Kaapstad); en Professor Richard Stevens (Universiteit van Stellenbosch). Die volgende paar weke, in aanloop tot die konferensie, sal elkeen van die hoofpaneellede bekend gestel word, beginnende met Professor Lan Yang (foto hierbo).

Prof Lan Yang (Joy) is 'n assistentprofessor in die Departement Kurrikulum en Onderrig aan die Onderwysuniversiteit van Hong Kong. Sy het haar PhD aan die Universiteit van Hong Kong verwerf met 'n proefskrif oor 'n longitudinale terugvoerintervensie vir die bevordering van Chinese studente se akademiese selfbegrip en prestasie. Haar proefskrif het in 2013 “eervolle vermelding" van die Globale SELFnavorsingsentrum ontvang. Professor Yang se toespraak gaan fokus op “Benut die krag van terugvoer vir beter studenteleer: 'n Beskouing van studente se terugvoeroriëntasie". Klik hier om meer te lees. 

Besoek die US se AvOL-kongreswebruimte gerus vir meer inligting of kontak Anthea Jacobs by jacobsa@sun.ac.za