Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Van ASK via AA tot VER[r]AS
Begin: 15/09/2022, 13:00
Einde: 15/09/2022, 14:00
Kontak:Lenelle Foster - 0218082166
Plek: Lettere | Arts 693 & Teams

​As deel van ons eeufees bied die Departement Afrikaans en Nederlands graag ’n spesiale reeks gesprekke deur personeellede, oudkollegas en oudstudente aan. Prof Ronel Foster praat oor die geskiedenis van die Departement se studentevereniging en -publikasies en oor die bekende figure wat oor die jare daarby betrokke was.

Die gesprek sal in lokaal 693 van die Letteregebou plaasvind. RSVP aan Lenelle Foster by lfoster@sun.ac.za om jou plek te bespreek of die Teams-skakel aan te vra.

Ongelukkig sal geen opnames beskikbaar gemaak word nie.