Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: Die universiteit se sosiale verantwoordelikheid: Die rol van opvoeders
Begin: 04/10/2022, 12:45
Einde: 04/10/2022, 13:45
Kontak:Lucy Lucks - 021 808 3717
Plek: MS Teams

​Die Onderwerp

Die sosiale sy van die hoër onderwys het die afgelope tyd 'n al hoe belangriker kwessie by verskeie instellings geword. Universiteite is nie meer net kennisskeppers en -verspreiders nie. Daar word deesdae toenemend van hoëronderwysinstellings verwag om as werktuie vir sosiale transformasie en groei te dien, en te voorsien in die individuele en sosiale behoeftes van 'n wêreld wat al hoe meer bewus is van sy diversiteit (Pérez, 2009, bl 8). Dié verskuiwing het onder meer gelei tot die konsep van die universiteit se sosiale verantwoordelikheid (“USR") – dat die universiteit, as 'n instelling, tot die ontwikkeling en verbetering van die gemeenskap moet bydra en voortdurend sy plek en rol in die samelewing moet heroorweeg. Dít word bereik deur opvoedkundige dienste te voorsien wat op die beginsels van etiek, 'n toewyding aan die samelewing en die bevordering van goeie waardes berus, en deur sosiaal verantwoordbaar te wees. Omdat alle onderrigpersoneel, ook universiteitsprofessore, deel is van die werktuig vir verandering, moet hulle bewus wees van hulle rol. 

Hierdie aanbieding beoog om universiteitsopvoeders bewus te maak van hulle rol as agente vir sosiale verandering. Dit bespreek kernaspekte van die universiteit se sosiale verantwoordelikheid wat betref die integrasie van diversiteit sowel binne as buite die universiteit, en die toepassing daarvan op die kurrikulums van alle vakgebiede. ​

Die Sprekers

Viviane beskik oor 'n magistergraad in Engelse Taalwetenskap en Internasionale Kommunikasie en werk tans aan haar PhD in Gestremdheidstudie en Hoër Onderwys aan die Universidad Autónoma de Madrid. Haar hoofnavorsingsgebied is die sosiale insluiting van persone met gestremdhede, en die rol van die hele gemeenskap om sodanige insluiting te verseker. Sy gee die afgelope aantal jaar reeds klas aan ESIC-universiteit en is deel van 'n navorsingsgroep oor die insluiting van persone met gestremdhede by die werkplek.

Maria het haar voorgraadse studie in Pedagogie aan die Universiteit van Salamanca voltooi. Daarna verwerf sy haar magistergraad in Menslike Hulpbronne aan die Antonio de Nebrija-universiteit in Madrid, en 'n PhD met Internasionale Vermelding in Opvoedkunde aan die Universiteit van Salamanca. Sy dien tans as 'n professor aan ESIC-universiteit en behoort tot die navorsingsgroep oor etiek, bemarking en innovasie in die kennissamelewing. Maria is ook 'n medewerker van NUPIC, die sentrum vir navorsing oor kurrikuluminnovasie aan die Universiteit van São Paulo. Haar navorsing handel hoofsaaklik oor emosionele intelligensie, en opleidingsplanne vir adolessente. Sy is boonop 'n lid van die reëlingskomitee vir die akademiese kongres by ESIC en 'n keurder vir verskeie internasionale vaktydskrifte.​


Navrae & Besprekings

Lucy Lucks
llucks@sun.ac.za
021 808 3717


Lees hier meer oor Auxin​​