Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
ANO Inligtingsessie: Nasionale Befondsingsgeleenthede vir Navorsing
Begin: 06/09/2022, 12:00
Einde: 06/09/2022, 13:00
Kontak:Whitney Prins -
Plek: MS Teams

Die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) administreer die aansoeke aan die meeste nasionale befondsingsliggame, insluitend die Nasionale Navorsingstigting, en ander. Aansoeke aan die Mediese Navorsingsraad en KANSA word deur die Afdeling Navorsingsontwikkeling en –Steun binne die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe geadministreer.

In hierdie inligtingsessie, sal daar ʼn kort oorsig gegee word van die hoof befondsingsliggame vir navorsing binne Suid-Afrika en hul verskillende tipes toekennings.

 

Aanbieders:

Me Maléne Fouché, Direkteur: Navorsingstoekenningskantoor

Me Shannon Faro, Koördineerder​: Navorsingstoekennings

Me Dominique Meyer, Administratiewe Beampte: Navorsingstoekennings


Platform: MS Teams

Registreer: Kliek hier op hierdie skakel https://forms.office.com/r/rQBg1PNbvi

Die MS Teams-skakel sal aan alle geregistreerde deelnemers per e-pos gestuur word.

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Whitney Prins by drdcomm@sun.ac.za