Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Departement Logistiek: Navorsingseminaar
Begin: 19/08/2022, 12:00
Einde: 19/08/2022, 13:00
Kontak:Linke Potgieter -
Plek: MS Teams and VDS 3022

Twee lektore in die Departement Logistiek, Heinri Freiboth en Ulrike Kussing, gaan die volgende navorsing aanbied: Voorbereiding van Logistiek Honneurs studente vir die werkplek: Rus ons hulle toe met die regte vaardighede?  Hierdie navorsingstema het hoofsaaklik ontstaan vanuit vrae wat hulle vir 'n wyle gevra het rondom:

  • Berei ons studente sinvol genoeg voor vir die werkplek?
  • Wat kan ons doen om die studieleiding van Honneurs navorsingsprojekte meer lonend te maak?

Hierdie seminaar sal 'n bespreking wees van wat hulle geleer het gedurende hul gesamentlike studieleiding van 'n groep Logistiek Honneurs studente gedurende 2020 en 2021. Die uitkoms van hierdie navorsingsprojekte was dat dit aan hul terugvoer verskaf het vanaf onlangs gegradueerde Logistiek Honneurs studente rakende die vaardighede wat die logistieke werkplek van hulle vereis, en of hulle voel dat hul studies hul goed voorberei het daarvoor. Die gesamentlike studieleiding het vir hul as studieleiers sinergieë geskep, asook geleenthede vir beter portuurleer onder die studente.

Die seminaar sal of aanlyn op MS Teams of in-persoon in die Van Der Sterr gebou, lokaal 3022, bygewoon kan word. Kontak lpotgieter@sun.ac.za vir meer inligting.