Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sluit aan by die Wêreld van Werk-week
Begin: 01/08/2022, 18:00
Einde: 04/08/2022, 19:30
Kontak:Sindiswa Jamba -
Plek: Online MS Teams

Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge nooi jou hartlik uit na ons Wêreld van Werk-week – 'n jaarlikse ontwikkelingsgeleentheid vir jong alumni en hul loopbane. Wêreld van Werk is 'n  gespreksgeleentheid waar jong alumni, alumni-deskundiges en bedryfspioniers vrae kan vra aangaande loopbane, hul opinies kan deel en deeglik ondersoek doen oor hoe die wêreldwye werksomgewing tans daar uitsien. Gevolglik behoort hierdie gesprekke jou te help om jou huidige loopbaanrigting van nader te beskou en jou toe te rus om die pad na sukses aan te pak.

Vir hierdie weeklange reeks het ons vier opwindende onderwerpe gekies.

Skets die toneel van die wêreld van werk in Suid-Afrika
Om die wêreld van werk te betree kan ongetwyfeld skrikwekkend wees, veral as daar na die huidige gegradueerde werkloosheidstatistieke gekyk word. As 'n jong gegradueerde wonder jy dalk wat die huidige stand van jong, vis-à-vis gegradueerdes is:

  • Beginsalarisse vir interns en jong gegradueerdes - wat kan jy verwag?
  • Die beskikbare statistieke oor werwing en die keuringsproses vir poste waarvoor jong gegradueerdes ideaal geplaas word
  • Wie is die voorkeurwerkgewers in SA en hoekom?
  • Die groei in selfwerksaamheid onder jong gegradueerdes

In hierdie bespreking sal ons hierdie vrae wat verband hou met die indiensneming van gegradueerdes tans in Suid-Afrika ondersoek.

Datum: Maandag 1 Augustus 2022
Tyd: 18:00 – 19:30
Waar: Aanlyn
Sprekers: Cathy Sims, Uitvoerende Direkteur van die Suid-Afrikaanse Gegradueerde Werkgewersvereniging (SAGEA), in gesprek met Candice Egan, Bestuurder: Studentetoegang Fondswerwing binne die US se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge, sal hierdie en ander vrae oor indiensneming van gegradueerdes in Suid-Afrika beantwoord.
Klik hier om deel te neem. 

Loopbaanontwikkeling en loopbaangroei: wenstrategieë
As 'n jong gegradueerde is daar geen mate van voorbereiding wat jou regruk vir die mededingende besigheidsomgewing nie. Alhoewel daar nie 'n “regte" manier is om 'n betekenisvolle loopbaan te skep nie, is daar wel 'n paar wenstrategieë wat jy vir jou loopbaanontwikkeling en loopbaangroei kan onderneem. Ons sprekers sal hul eie ervaring en advies oor loopbaanontwikkeling en -groei in 'n veelsydige besigheidsomgewing deel.

Datum: Dinsdag 2 Augustus 2022
Tyd: 18:00 – 19:30
Waar: Aanlyn
Sprekers: Die Voorsitter van die Ekonomiese Bestuurswetenskappe Studentekomitee, Karabo Mogashoa sal gesels met prof Rachel Jafta, Professor in Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch en Terry Volkwyn, Direkteur van Maatskappye.
Klik hier om deel te neem. 

'n Groter impak vir opvoeders met beperkte hulpbronne
As jong onderwysgegradueerdes is daar uitdagings wat ons vermoë om leerders te onderrig, beïnvloed. Onderwysstelsels het dikwels gebrekkige hulpbronne, opvoeders is dikwels oorwerk, en die gebrek aan ondersteuningstrukture in hierdie nuwe gebied kan tot ooreising lei. Hierdie bespreking sal fokus op hoe om werk te maak met die beperkte ondersteuning wat aan opvoeders gegee word – beide binne en buite die klaskamerkurrikulum.

Datum: Woensdag 3 Augustus 2022
Tyd: 18:00 – 19:30
Waar: Aanlyn
Sprekers: Dr Elzhan Rinquest, Dosent by die Departement Onderwysbeleidstudies, Fakulteit Opvoedkunde, in gesprek met Lee-Ann Groenewald, Departementshoof en Visuele Kunste-onderwyser by The Children's Art Centre, dr Abraham de Villiers, Acorn Education se Hoof van Onderwys en Mkululi Nompumza, Akademiese Ontwikkelingskoördineerder by die Sentrum vir Kreatiewe Onderwys.
Klik hier om deel te neem.

'n Drievoudige uitdaging wat landbouwetenskaplikes in die gesig staar
Die Landbouwetenskappe-industrie staar tans 'n driedubbele bedreiging in die gesig: voed 'n groeiende bevolking, verskaf 'n lewensbestaan aan boere, en beskerming van die omgewing. In hierdie bespreking gesels ons oor hoe om te werk te gaan om hierdie kwessies aan te spreek. Die paneellede sal ook leierskap, groei en loopbaanrigtings in die Landbouwetenskappe-bedryf bespreek.

Datum: Donderdag 4 Augustus 2022
Tyd: 18:00 – 19:30
Waar: Aanlyn
Sprekers: Jacomien de Klerk, Bestuurder van die Sitrus-akademie, in gesprek met Siziphiwe Dinwa Senior Tegnoloog: Agronomie en Innovasie, en Oloff Bergh, SSA Besturende Direkteur by COFCO Internasionaal.
Klik hier om deel te neem.