Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Saam KAN ons voedselonsekerheid op die Tygerberg-kampus verlig
Begin: 19/07/2022, 12:30
Einde: 19/07/2022, 13:40
Kontak:Isabella Turner -
Plek: Tygerberg Campus

ʼn Inisiatief wat deur die Studenteraad van die Tygerberg-kampus aangedryf word, 'Saam KAN ons voedselonsekerheid op die Tygerberg-kampus verlig', vra vir bydraes van blikkieskos by versamelpunte in die Admin-gebou en in die TSS. Baie studente stry stilweg teen voedselonsekerheid en die doel is om studente te help met produkte wat hulle voedselsekerheid sal versterk en hulle in staat sal stel om op ander sfere van hul lewe te fokus, soos om hulle studentelewe te geniet.

In die gees van Nelson Mandela-dag sal die Tygerberg Studenteraad 67 minute lank ʼn blikkie-vir-kolwyntjie- of blikkie-vir-MyBrew-koffie-uitruil doen. ʼn Beperkte aantal kolwyntjies sal tussen 12:30 en 13:37 in die Admin-gebou beskikbaar wees en ʼn beperkte aantal koffies sal in TSS beskikbaar wees. Saam KAN ons!