Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Discovery Wellness Experience vir personeel en studente
Begin: 19/07/2022, 09:00
Einde: 19/07/2022, 16:00
Kontak:Adean Schippers -
Plek: Neelsie, Level 3, VV Hall

Van 09:00 tot 16:00 bied Menslike Hulpbronne: Welwees ʼn Discovery Welweeservaring (Discovery Wellness Experience) vir personeel en studente aan. Die Discovery Welweeservaring is ʼn interaktiewe ondersoek waartydens die belangrikste liggaamsmetrieke bepaal en bloedtoetse uitgevoer word. Welweesondersoeke is belangrik, want jy identifiseer jou huidige gesondheids- en leefstylrisiko's en ontvang raad oor hoe om geïdentifiseerde risiko's te hanteer. ʼn Volledige ondersoek neem tussen 35 en 40 minute om af te handel. Jy sal ʼn omvattende verslag oor jou gesondheid en welstand ná die ondersoek ontvang.

ʼn Professionele welweesspesialis sal die volgende siftingsassesserings by die Discovery Welweeservaring uitvoer:

  • Glukose-, cholesterol- en bloeddruktoetse
  • ʼn Postuurassessering
  • ʼn Oogassessering
  • Gewig, lengte en liggaamsmassa-indeks (BMI) metings
  • ʼn MIV-toets​

As jy kies om ʼn MIV-toets te laat doen, sal die Welweesspesialis berading voor en ná afloop van die toets verskaf. Jou MIV-toetsuitslae word heeltemal vertroulik gehou.

Vitality-lede

Vitality-lede kan duisende punte ná ʼn Discovery Welweeservaring verdien, afhangende van hoeveel van jou uitslae binne gesonde grense val. Op elke statusvlak kan lede ouer as 18 ʼn verskeidenheid belonings geniet, waaronder flieks teen halfprys, besparings op vlugte, kontant terug op kruideniersware, brandstofbesparings, weeklikse belonings en meer.

Al wat jy moet weet

  • Bring jou mediesefondskaart en ID of rybewys saam
  • Trek gemaklik aan – vir sommige ondersoeke moet jy kaalvoet wees (geen sokkies of kouse nie)
  • Vul die voorafassesseringsvraelys in voor jy die Discovery Welweeservaring bywoon. Jy sal ʼn skakel na die vraelys saam met jou besprekingsbevestiging ontvang.​

Klik hier om jou plek te bespreek.​