Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stock Image of the SU Library Entrance
#SmartResearcher en #SmartStudent webinare vir Julie 2022
Begin: 27/06/2022, 09:00
Einde: 31/07/2022, 09:00
Kontak:Kirchner van Deventer/Jeremiah Pietersen - 0218082623
Plek: Webinars
#SmartResearcher
 

Hierdie werkswinkels is gemik op nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel en dié sessies se fokus is op die navorsingsproses. Die sessies wissel in lengte na gelang van die onderwerp, maar hulle dek 'n wye reeds onderwerpe wat verband hou met die nagraadse navorsingsreis.

Mendeley vir verwysingsbestuur en akademiese samewerking

Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan Mendeley, 'n gratis hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. Mendeley bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking.

Datum: Donderdag, 21 Julie, 11h00 – 12h30

Bespreek hier

Biblioteekoriëntering vir nagraadse student en akademiese personeel

In hierdie inleidende sessie sal deelnemers voorsien word van 'n oorsig van die kerndienste wat deur die Universiteit Stellenbosch Biblioteek- en Inligtingsdiens aangebied word. Onderwerpe sluit in die navigasie van die Biblioteekwebwerf, hoe om hul weg in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek te vind, hoe om inligting deur die Biblioteek se talle databasisse te vind, watter gevorderde navorsingsondersteuningsdienste beskikbaar is en vele ander.

Datum: Woensdag, 29 Julie, 10h00 – 13h00

Bespreek hier

​#SmartStudent 

This programme has been developed to provide students and staff with introductory sessions to library related topics. To this end, these sessions are only 30 minutes long and you are welcome to bring along any questions. In addition, we have developed some video tutorials for quick help.

Introduction to the Stellenbosch University Library Makerspace

Hierdie inleiding tot die Biblioteek se nuwe Makerspace sal jou help om vas te stel watter van die dienste en toerusting jy sal kan benut en waar en wanneer jy verdere opleiding kan kry. Dit sluit in:

  • Bou van 3D gedrukte modelle
  • Hoe om Arduino projekte te bou om data te versamel
  • Die gebruik van Arduino en Raspberry Pi

Datum: Maandag, 25 Julie, 14h00 – 14h30

Bespreek hier

Inleiding tot die biblioteek

Hierdie is 'n basiese oriëntering vir kliënte nuut aan die Universiteit Stellenbosch wat nie die geleentheid gehad het om enige ander oriënteringsessie by te woon nie.

Datum: Maandag, 25 Julie, 12h00 – 12h30

Bespreek hier

Vind boeke of artikels met behulp van die Library search engine of vakspesifieke databasisse

Hierdie werkswinkel is daarop gemik om kliënte bekend te stel aan die Biblioteek se ontdekkingsinstrument en akademiese databasisse met die doel om toepaslike akademiese inligtingsbronne effektief te vind.

Datum: Dinsdag, 26 Julie, 09h30 – 10h00

Bespreek hier

Vind betroubare inligting op Google en Google Scholar

Deelnemers sal leer hoe om toepaslike akademiese inligtingsbronne te vind deur Google en Google Scholar optimaal te gebruik.

Datum: Woensdag, 27 Julie, 09h30 – 10h00

Bespreek hier