Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellenbosch Forum Lesing: Prof Michael le Cordeur
Begin: 23/06/2022, 13:00
Einde: 23/06/2022, 14:00
Kontak:Whitney Prins -
Plek: MS Teams

Op soek na 'n relevante kurrikulum om die gaping tussen Suid-Afrika se ongelyke verlede na 'n toekoms met gelyke geleenthede te oorbrug​ 


Datum: 23 June 2022

Tyd: 13:00 – 14:00

Platform: MS Teams

Kliek hier om te registreer: https://forms.office.com/r/0Q6gRt107X

Die MS Teams- skakel sal aan alle deelnemers gestuur word.  


Meer oor die lesing:

Volgens Sokrates (469 – 399 VC) en Plato (428/7 – 348/7 VC), is die doel van opvoeding om kennis te verwerf. Vir hulle was die verwerwing van kennis belangrik vir die welstand van sowel die individu en die samelewing. Plato het die mening gehuldig dat niks in die opvoedkunde hoort wat nie die voortuitgang van deug bevorder nie. Aristoteles (384 – 322 BC) se siening van opvoeding het verskil van sy voorgangers Sokrates en Plato. Hy het geglo dat opvoeding doelgerig moet wees. Vir hom het dit nie net gegaan oor die blote verwerwing van kennis nie, maar daaroor dat kennis instrumenteel moet wees om die lewens van mense met voorspoed en geluk te vul. Op hierdie wyse kan opvoeding dus ook tot ʼn gelukkige samelewing lei. In ander woorde gestel, ʼn goeie intellek lei tot ʼn goeie karakter, met eersgenoemde wat deur onderrig, opleiding en ervaring verkry word en laasgenoemde wat die resultaat van ʼn gesonde lewenswyse weens die beoefening van goeie gewoontes is. In hierdie intreerede bou ek voort op Aristoteles se teorie dat opvoeding beide kennis en geluk ten doel moet hê. Ek argumenteer dat die huidige kurrikulum so behep is met kennis dat leerders se geluk afgeskeep word en dat die kurrikulum tans slegs bestem is om goeie werkers aan die staat te lewer wat die welwees van sy werkers afskeep. Ek vind hierin aansluiting by William Pinar (2012) se teorie dat die kurrikulum ʼn strategie vir selfleer is. Hierdie strategie stel sowel individue as groepe in staat om hulle situasies te begryp, deur ʼn aktiewe en passievolle deelname aan die komplekse gesprek – die kurrikulum – wat lei tot aksie. Ten slotte sal ek aantoon dat die huidige Suid-Afrikaanse kurrikulum onsuksesvol is in wat die skole poog om te onderrig naamlik om die leerder in staat te om die kennis en vaardighede benodig vir die 21ste eeu te verwerf, en  terselfdertyd nie daarin slaag om ʼn waardestelsel met gesonde morele waardes en goeie gewoontes te kweek nie.