Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Lees- en Skryfmarathon
Begin: 23/06/2022, 09:00
Einde: 29/06/2022, 16:00
Kontak:Selene Delport -
Plek: MS Teams

​Soms is dit moeilik om genoegsame tyd opsy te sit om te lees en skryf en mens kan maklik momentum verloor. Om jou te help om weer momentum op te tel, bied die Skryflab op 23 & 27 Junie ʼn skryfmarathon aan. Die Leeslab bied op 23 Junie die leesmarathon aan. Die fasiliteerder sal strategieë deel om jou te help om tekste krities te analiseer. Die leesmarathon sal jou help om vir die skryfmarathon op 27 Junie voor te berei. Kom spandeer gerus die dag saam met ons waar jy die geleentheid sal hê om in ʼn ondersteunende omgewing aan jou tesis, voorstel of artikel te werk. Ons begin met ʼn paar opwarmingsoefeninge om jou op dreef te kry en ʼn fasiliteerder sal deurgaans beskikbaar wees om jou te help.

Volledige inligting en die inskrywingsvorm is op ons webwerf beskikbaar. Slegs 20 deelnemers kan in die marathon geakkommodeer word. Inskrywings sluit 21 Junie 2022.