Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Werksessie om Xhosa aan die US te bevorder
Begin: 10/06/2022, 09:00
Einde: 10/06/2022, 12:00
Kontak:Susan Lotz -
Plek: Online

​Die Onderrig en Leer-VS wil graag alle US-belanghebbendes wat betrokke is by die bevordering van die gebruik van Xhosa aan die Universiteit uitnooi om ʼn werksessie by te woon oor die uitbreiding van die taal se gebruik.

Kom ons sit koppe bymekaar om Xhosa aan die Universiteit te bevorder deur met mekaar te deel wat ons doen, hoe ons dit doen en watter hulpbronne ons gebruik. Op hierdie manier kan ons maniere vind om saam te werk en mekaar se werk te ondersteun om Xhosa te bevorder en ware meertaligheid by ons instansie in die hand te werk.

Dr Antoinette van der Merwe, Senior Direkteur: Leer- en Onderrigverryking, sal die werksessie lei en Prof Deresh Ramjugernath, Viserektor: Leer en Onderrig, sal die gasheer wees.​

Datum: 10 June
Tyd: 9:00–12:00
Plek: Aanlyn 
RSVP: Cheryl Cornelissen by cherylc@sun.ac.za, teen Vrydag 3 Junie. Jy sal lid word van 'n MS Team en die skakel na die vergadering ontvang.

As ʼn aktiwiteit voordat die werksessie afskop, word alle deelnemers uitgenooi om inligting op hierdie gedeelde dokument in kommentaarblokkies by te voeg oor werksaamhede vir die bevordering van Xhosa waarmee hulle reeds besig is. Daar is tot 7 Junie tyd om hierdie voorlopige aksieplan in te vul. Sien die  werksessie-inligtingsdokument vir meer besonderhede. 

Die bespreking by die werksessie sal oor die volgende handel:

  • Wat moet by die aksieplan bygevoeg word?
  • Wat moet aan die aksieplan verander word?
  • Watter hulpbronne en befondsing het ons nodig?
  • Hoe wil ons die verskillende beplande aktiwiteite/aksies met ʼn tydlyn prioritiseer?
  • Hoe kan ons intern saamwerk aan die beplande aktiwiteite/aksies?
  • Wie is die potensiële eksterne medewerkers saam met wie ons reeds werk?
  • Is daar bykomende eksterne medewerkers wat ons kan identifiseer om mee saam te werk?

Beoogde uitset van werksessie: Voorlopige aksieplan vir die bevordering van Xhosa met aktiwiteite, verantwoordelike persone en ʼn tydlyn. ​