Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Opedag
Begin: 14/05/2022, 08:00
Einde: 14/05/2022, 15:00
Kontak:Ilse Frans - 021 808 9525
Plek: Stellenbosch-kampus / campus

​As deel van die Universiteit Stellenbosch se reeks opedae op kampus vir alle fakulteite, bied die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe 'n opedag op Saterdag, 14 Mei 2022 van 8:00 tot 15:00 aan.

Dit sal jou geleentheid wees om ondersoek oor beskikbare graadprogramme in te stel en uit te vind watter beroepsmoontlikhede elkeen bied. (Weens die COVID-protokol sal daar ongelukkig nie enige formele toere na ander US-ruimtes soos koshuise, die biblioteek, rekenaarareas, sportgronde, ens. moontlik wees nie.)

Jy sal informele sessies van die verskillende departemente kan bywoon en ons dosente sal graag jou vrae beantwoord. Hierdie sessies sal in die EBW-gebouekompleks op die hoek van Victoria- en Bosmanstraat gehou word, d.i. die CGW Schumann-, Van der Sterr- en die Schumann Anneksgebou. Jy sal die leerareas dus self kan ervaar.

  • Die program met die algemene inligtingsessies van die Fakuteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe sal binnekort beskikbaar wees.

LET WEL: Om te verseker dat COVID-protokolle nagekom word, moet kaartjies vooraf bespreek word. Kaartjies is by www.quicket.co.za beskikbaar, of klik hier. Geen kaartjie, geen toegang. Slegs een leerder- en een ouerkaartjie sal per gesin beskikbaar wees.