Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vryheidsdag Lesing
Begin: 26/04/2022, 10:30
Einde: 26/04/2022, 12:30
Kontak:Shanté Neff -
Plek: MS Teams

​Hierdie lesing verken tendense in kiesersdeelname oor Suid-Afrika se jare van demokrasie heen en voer aan dat twee skynbaar teenstrydige eienskappe die onlangse verkiesings kenmerk – verhoogde kieserswisselvalligheid en kieserstagnasie – met baie verskillende implikasies vir die gehalte van demokrasie. Die African National Congress het in onlangse verkiesings beduidende verliese gely, wat dui op die gewilligheid van kiesers om ou politieke tuistes vir nuwes te verlaat. Hierdie klaarblyklike wisselvalligheid in kiesersgedrag het gelei tot ʼn verhoogde sin van mededinging, veral in die digbevolkte stedelike metropole. Tog hou die aantal wisselvallige kiesers nie kers vas teen diegene wat onthouding verkies nie, en hulle deelname kan dalk nie voldoende wees om kieserstagnasie oor die lang termyn teen te werk nie. Onthouding, daarenteen, blyk die gevolg te wees van groeiende vervreemding van die politieke stelsel en die hoofspelers in verkiesings, waaronder politieke partye en die demokrasie self. Hierdie vervreemde burgers staan aan die periferie van die politiek, met negatiewe implikasies vir verkiesingsmededinging.