Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Seminaar: Die moontlike gebruik van kompleksiteitsteorie om programevaluering in die Fakulteit Natuurwetenskappe te rig
Begin: 12/05/2022, 13:00
Einde: 12/05/2022, 14:00
Kontak:Lucy Lucks - 021 808 3717
Plek: Virtual: MS Teams

SOL nooi jou na 'n seminaar oor uitnemende onderrig & leer, aangebied deur US Onderriggenoot Prof Ingrid Rewitzky.

Die Onderwerp –Die moontlike gebruik van kompleksiteitsteorie om programevaluering in die Fakulteit Natuurwetenskappe te rig

Binne die konteks van programhernuwing aan die US, sal dit belangrik wees om ʼn doeltreffende programevalueringsraamwerk te hê, wat ook op die dinamiese aard van leer fokus. Dit sal ʼn skuif behels van die lineêre benadering tot programevaluering, met vier basiese komponente – insette, aktiwiteite, uitsette, uitkomste – na ʼn benadering wat die veelvlakuitkomste wat in programme na vore tree, verstaan. In hierdie seminaar word ʼn raamwerk vir programevaluering aangebied wat die vyf beginsels van kompleksiteitsteorie – netwerke, ontluiking, selforganisasie, terugvoersensitiwiteit en ratsheid – vaslê. ​

 

Die Spreker – Prof Ingrid Rewitzky

Ingrid is by opvoedkundige leierskap aan die Universiteit Stellenbosch betrokke uit hoofde van haar rolle as professor in Wiskunde (sedert 2009), Uitvoerende Hoof van die Departement Wiskundige Wetenskappe (sedert 2010), en Visedekaan (Leer en Onderrig) van die Fakulteit Natuurwetenskappe (sedert 2011). 

As ʼn wiskundige fokus Ingrid op interdissiplinêre navorsing in Wiskunde van Rekenaarwetenskap, dien as medeouteur van twee navorsingsmonografieë, publiseer meer as twintig navorsingsreferate, en dien as promotor/studieleier vir nagraadse studente. Sy is sedert 2010 die mederedakteur van Quaestiones Mathematicae en dien sedert 2021 in die IMU (Internasionale Wiskundige Unie) se Komitee vir Elektroniese Inligting en Kommunikasie. Sy begin onlangs betrokke raak by die akademieskap van onderrig en leer en is ʼn US Onderriggenoot. In 2018 ontvang Ingrid die Kanselierstoekenning van die Universiteit Stellenbosch ter erkenning van volgehoue uitnemendheid regdeur haar loopbaan. 

 

Tyd

Mei 12, 2022  13.00 – 14.00

Plek:

MSTeams Online
Click here to join the meeting

 

Navrae & RSVP

Lucy Lucks
llucks@sun.ac.za
021 808 3717

RSVP is nie nodig nie, jy kan sommer aansluit op on MSTeams. ​