Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
FVZS Instituut Erelesing 2022
Begin: 11/04/2022, 18:00
Einde: 11/04/2022, 19:00
Kontak:Kamryn Smith -
Plek: Virtual Experience

​Sluit aan by die Frederik Van Zyl Slabbert-instituut vir die jaarlikse erelesing. Die lesing word vanjaar deur adv. Shamila Batohi gelewer, wat tans dien as die nasionale direkteur van openbare vervolging. Batohi sal regstreeks in gesprek wees met prof William Gumede (Medeprofessor, Skool vir Bestuur aan die Universiteit van die Witwatersrand, stigter en uitvoerende voorsitter van die Democracy Worx Foundation, skrywer en rubriekskrywer) en me Cynthia Stimpel (voormalige Groeptesourier van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, motiveringspreker oor fluitjieblasers en skrywer van Kapers aan boord). 

Hierdie jaarlikse erelesing, met die finansiële ondersteuning van die Konrad Adenauer-stigting, beoog om 'n platform te skep vir ons studenteleiers, akademici en breër internasionale gemeenskap om krities by huidige Suid-Afrikaanse politieke en bestuurskwessies betrokke te raak. 

TEMA: Burgerleierskap in Suid-Afrika deur die lens van verantwoording – optrede en diens

DATUM: Maandag 11 April 2022

TYD: 18:00

RSVP: https://bit.ly/3hXc57r (teen 6 April 2022)

Let asseblief daarop dat hierdie 'n virtuele geleentheid sal wees. Die skakel sal gestuur word aan diegene wat bywoning vir Maandag 11 April 2022 bevestig het. Vir verdere navrae, stuur 'n e-pos na fvzs@sun.ac.za

Ons sien daarna uit om u by hierdie virtuele geleentheid te verwelkom.