Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: Portefeuljes as ʼn pedagogiese keuse vir assessering as leer
Begin: 12/04/2022, 12:45
Einde: 12/04/2022, 13:45
Kontak:Lucy Lucks - 021 808 3717
Plek: Virtual: MS Teams

​Die Onderwerp

Portefeuljes as ʼn pedagogiese keuse vir assessering as leer: insigte uit ʼn opvoedkundeprogram vir onderwysers

Baie is reeds geskryf oor die teoretiese grondslag van portefeuljes as ʼn assesseringswerktuig. Nie veel is egter bekend oor die kennis, ingesteldhede en kundigheid wat spruit uit die gebruik van portefeuljes en besinning onder voordiens-onderwysers nie. Hierdie assesseringstrategie waardeur studente leer, word ook assessering as leer genoem. Ons dra tot hierdie kennisgaping by deur te illustreer hoe ʼn module in ʼn onderwyser-opvoedkundeprogram portefeuljes as ʼn werktuig vir assessering as leer- en kennisintegrasie gebruik. Hierdie aanbieding put uit voordiens- grondslagfase-onderwysers se besinnings oor die waarde van portefeuljes as ʼn assesseringswerktuig vir leer, om die volgende vraag te beantwoord: bevorder portefeuljes leer deurdat studente besinning moet beoefen?

Sodoende wil ons illustreer hoe ons portefeuljes, wat besinning as werktuig inkorporeer, gebruik om die studente se denkproses oor leer te verryk. Hierdie doelbewuste keuse vir onderrig en leer bied aan ons ʼn geleentheid om studente aan te moedig om oor hulle leer te dink, in plaas van slegs vir punte te werk. Ons wil die tradisionele siening van ʼn portefeulje as slegs ʼn versameling artefakte ontwrig, en streef na ʼn beskouing daarvan as ʼn leerportefeulje waar daar uit die leerproses geput is. Portefeuljes met ʼn uitdruklik fokus op leer, kan veranderinge vir studente teweegbring, soos hulle meer van hulle eie leer bewus raak. Die opbou van die leerportefeulje is dus ʼn doeltreffende vorm van professionele ontwikkeling.

In die aanbieding sal ons die teoretiese grondslag met betrekking tot portefeuljes en assessering uiteensit en illustreer hoe dit ʼn skakel na volhoubare assessering kan wees. Ons kom tot die gevolgtrekking dat portefeuljes inderdaad ʼn nuttige pedagogiese keuse vir assessering as leer is.


Die Sprekers​​

Dr Zelda Barends, Ms Agatha Lebethe (Fakulteit Opvoedkunde) & Dr Anthea Jacobs (Adviseur: Sentrum vir Onderrig en Leer)

Dr Zelda Barends is ʼn dosent en onderwyser-opvoeder in die Departement Kurrikulumstudies. Haar navorsing fokus op grondslagfase taal- en geletterdheidsonderrig en op intervensies wat ontwerp is om die gehalte en doeltreffendheid daarvan te verbeter. Haar onderrigkeuses verbreed ʼn verdere belangstelling in hoe professonele opleiding en ondervinding kan kombineer om beginneronderwysers toe te rus met die kennis en vaardighede wat nodig is vir doeltreffende onderrig van geletterdheid. 

Me Agatha Lebethe: Agatha is doseer grondslagfase wiskunde-onderrig in die Departement Kurrikulumstudies van die Fakulteit Opvoedkunde. Haar navorsingsbelangstellings sluit in assesserings in wiskunde-onderwyser-opvoedkunde en leerderbegrip van eenhede in meting in die vroeë grade. ʼn Belangrik fokuspunt van haar onderrig is die uitbreiding en oordrag van assesserings verder as die lesingsaal na die professionele ruimte van die wiskunde-onderwyser. 

Dr Anthea Jacobs: Anthea is ʼn adviseur/akademiese ontwikkelaar in onderrig, leer en assessering (TLA) by die US SOL, in die Afdeling Leer- en Onderrigverryking. Haar navorsingsbelangstellings is op die gebied van akademiese ontwikkeling, waaronder transformatiewe onderrigmetodiek. ʼn Belangrike fokus van haar werk is die versterking van akademieskap in TLA in hoër onderwys (HO). Sy glo dat medewerkende betrokkenheid en samewerking in reaksie op ingewikkelde opvoedkundige vraagstukke die sleutel tot die vorming van die volgende geslag akademici is.


Kliek hier om aan te sluit op MSTeams om 12.45.


Navrae & Besprekings

Lucy Lucks
llucks@sun.ac.za
021 808 3717

Dis nie nodig om te RSVP of te bespreek nie, sluit net aan op MSTeams.​


Lees hier meer oor Auxin​​