Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
ANO Inligtingsessie Webinar: Open4Research (Befondsingsportaal)
Begin: 28/06/2022, 12:00
Einde: 28/06/2022, 12:30
Kontak:Whitney Prins -
Plek: MS Teams

Hierdie kort, tweemaandelikse sessie oor Open4Research word aangebied deur Lizél Senekal, Bestuurder: Multi-Nasionale Navorsingstoelaes. Open4Research is 'n befondsingsportaal vir die identifisering van internasionale navorsingsbefondsingsgeleenthede. Met duisende befondsingsgeleenthede op enige gegewe tydstip beskikbaar op die portaal, is dit noodsaaklik om hierdie geleenthede te filtreer om oproepe te wys wat betrekking het op jou spesifieke navorsingsbefondsingsbehoeftes. Hierdie sessie sal jou dus wys hoe om jou profiel te skep, hoe om optimaal na relevante befondsingsgeleenthede te soek en hoe om notifikasies te skep om enige toekomstige geleenthede met betrekking tot jou profiel te wys.

Registreer hier