Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​Reeks kortkursusse aangebied deur RADAR
Begin: 15/09/2021, 14:00
Einde: 15/09/2021, 14:00
Kontak:Trish Zweig -
Plek: Online

Die Navorsingsalliansie vir Ramp- en Risikovermindering (RADAR) bied in Oktober en November verskeie driedag- geakkrediteerde kortkursusse aan. Kies uit Rampe en Ontwikkeling (aanlyn), Gemeenskapsrisiko-assessering (kontak) of Inleiding tot Data en Navorsing (gemeng).

Rampe en Ontwikkeling (12–14 Oktober)

Hierdie kursus stel basiese ramprisikobestuursbeginsels en -konsepte bekend, waardeur die belang van risikovermindering in ontwikkeling en beplanning beklemtoon word. Dit fokus op die versterking van ramprisikobestuur in die Afrika-konteks, met klem op die versagting van stedelike risiko’s.

Gemeenskapsrisiko-assessering (9–11 November)

Hierdie kursus lei deelnemers op in die vaardighede en gereedskap wat benodig word om gemeenskapsgebaseerde risiko-assesserings te onderneem, spesifiek in informele nedersettings met verhoogde rampblootstelling.

Inleiding tot Data en Navorsing (16–18 November)

Hierdie kursus rus deelnemers toe met grondige kennis van die soort inligting wat beskikbaar is om ramprisiko’s te assesseer en waar om inligting en basiese data te vind. Insamelingsinstrumente word bespreek en praktiese oefeninge vorm deel van die kursus.

Alle kursusse is deur die Rampbestuursinstituut van Suid-Afrika onderskryf. Suksesvolle deelnemers kan tot vyf VPO-punte verdien.​

Klik hier vir meer inligting.