Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Seminaar oor ICELDA–SADiLaR-projekte
Begin: 17/09/2021, 09:00
Einde: 17/09/2021, 11:00
Kontak:Cheryl Cornelissen - 0828073300
Plek: GG Cillié (Education building) (Ryneveld Street), Room 1028

​Is jou antwoord 'ja' op enige van die volgende vrae?

  • Stel jy daarin belang om geleenthede te skep om meertaligheid in akademiese ruimtes te bevorder?
  • Stel jy daarin belang om bekwaamheid te ontwikkel op die gebiede van navorsing en innovasie, en onderrig en leer?
  • Stel jy daarin belang om ons ondersteuning en dienste aan studente op ʼn ingeligte manier uit te bou?
  • Stel jy belang daarin om data te genereer vir sowel navorsingsdoeleindes as om jou aktiwiteite wat onderrig en leer betref, te rig? 

Sluit dan asseblief by ons aan vir ʼn aanbieding deur prof Tobie van Dyk en mnr DJ Cloete van die Noordwes-Universiteit waarin hulle sal wys en vertel waarmee hulle besig is. Hulle is die dryfveer agter die gesamentlike projekte deur ICELDA (Inter-institutional Centre for Language Development and Assessment) en SADiLaR (South African Centre for Digital Language Resources) waarby ons aan die US ook ingeskakel is. Ons gaste sal van die opwindende projekte waarby hulle tans betrokke is, bespreek en van die navorsingsuitsette van hierdie projekte deel.

Die seminaar word in ʼn hibriede formaat van 09:00 tot 11:00 op 17 September 2021 aangebied. Laat me Cheryl Cornelissen asseblief teen Donderdag om 13:00 by taalsentrum@sun.ac.za weet as jy die geleentheid sal bywoon.

Klik hier om die byeenkoms virtueel by te woon, of sluit in persoon by ons aan:

  • Plek: GG Cillié (Opvoedkunde-gebou) (Ryneveldstraat), Kamer1028
  • Daar sal verversings wees vir dié wat die geleentheid in persoon bywoon  

Klik hier om meer uit te vind oor SADiLaR en die instansie se fokus op al die amptelike Suid-Afrikaanse tale deur navorsing en ontwikkeling op die gebiede van taaltegnologieë en taalverwante studies in die humanioria en sosiale wetenskappe. Klik hier vir meer oor die ICELDA-nodus van SADiLAR waartoe die US ook behoort.