Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Universiteit Stellenbosch Virtuele Loopbaanuitstalling 24 Augustus 2021
Begin: 24/08/2021, 09:00
Einde: 24/08/2021, 16:00
Kontak:Unit for Graduand Career Services / Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste -
Plek: https://stellenboschuniversityvirtualcareerfair.easyvirtualfair.com/#

Die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste (Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling) is opgewonde om die eerste Universiteit Stellenbosch Virtuele Loopbaanuitstalling aan te bied op 24 Augustus 2021, 9:00 – 16:00. Hierdie bied 'n geleentheid aan US studente om op 'n US gebrandmerkte platform met werkgewers te netwerk. Virtuele loopbaanuitstallings het oor die afgelope paar jaar gegroei en is hier om te bly. Ons nooi studente uit om die meeste van hierdie geleentheid gebruik te maak. Maak die Virtuele Loopbaanuitstalling deel van jou loopbaanreis.

Registreer nou vir die geleentheid by https://stellenboschuniversityvirtualcareerfair.easyvirtualfair.com/# en deel in die gesels met werkgewers.

Vir enige navrae kontak die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste by careerservices@sun.ac.za.