Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US en fiksheidsonderneming hou eerste virtuele sport- en welstanddag vir #Move4Food
Begin: 20/08/2021, 12:00
Einde: 20/08/2021, 12:00
Kontak:Elizabeth Dirkse-van Schalkwyk -
Plek: Virtual

​Die Universiteit Stellenbosch het kragte saamgesnoer met 'n virtuele gesondheids- en fiksheidsonderneming, JEFF Fitness, om die eerste virtuele sport- en welstandsdag aan te bied in die hoop om 'n nuwe wêreldrekord op te stel vir #BiggestUniversityWorkout op Saterdag, 28 Augustus 2021, en om geld in te samel vir die US Alumni se #Move4Food-inisiatief. 'n Kenmerk van #Move4Food is dat studente, personeel, alumni en vriende aan die Universiteit Stellenbosch deelneem aan sportbyeenkomste om fondse in te samel wat help voorkom dat studente op kampus nie honger ly nie.

'n Paar wonderlike mense gaan deelneem aan die pret en hulp verleen met die fondsinsameling. SA sportsterre, Alumni-kampioene van regoor die wêreld, sommige van ons Paralimpiese atlete wat tans op pad is na die Paralimpiese Spele in Tokio, studente, bekendes en vorige en huidige Maties sportsterre.

Die geleentheid vind virtueel van 07h00 tot 13h00 plaas en bestaan uit regstreekse oefensessies, kompetisies, praatjies, musiek, kookbyeenkomste en meer.

Die US se Sentrale kantoor vir byeenkomste en konferensies (SKBK) is die dryfveer agter hierdie unieke geleentheid wat deur die Universiteit Stellenbosch besit word. Liz Dirkse-van Schalkwyk, die hooforganiseerder van die geleentheid, het gesê hulle werk saam met JEFF Fitness om die geleentheid aan te bied. JEFF bring hul kundigheid en kennis na die geleentheid om aanlyn-geleenthede van hierdie omvang aan te bied. Die geleentheid word binne die US ondersteun deur die kantoor van die COO, Maties Sport, SU Wellness en US Alumni.

“JEFF is die breinkind van, Johno Meintjies, 'n Alumni van die US se Sportwetenskap departemend. Hy is passievol om mense se lewens deur sport en welstand te beïnvloed," sê Dirkse-van Schalkwyk. 'Hierdie fiksheidsonderneming is gebore indie grendeltyd uit 'n gratis Facebook-groep wat gegroei het tot 'n wêreldwye fiksheidsonderneming wat lewens in meer as veertig lande beïnvloed. Met hul onlangse sukses in hierdie soort virtuele geleenthede, was dit sinvol dat ons hande vat met een van ons alumni en iets spesiaals saam met die res van ons Maties-gemeenskap regoor die wêreld doen, "sê Dirkse-van Schalkwyk.

Sy het gesê hulle wil hê dat Maties en Alumni van regoor die wêreld by hulle sal aansluit en saam die 'gees' van die breër plaaslike, nasionale en internasionale Stellenbosch -gemeenskap sal ervaar en saamwerk om ons studente en globale gesondheid en welstand te ondersteun.

"Sluit by ons aan en beleef 'n ikoniese geleentheid vanuit jou eie huis en staan 'n kans om pryse te wen terwyl jy 'n genotvolle geleentheid geniet," sê Dirkse-van Schalkwyk.

Sy het gesê dat hulle tans die program vir die geleentheid finaliseer. Hulle sal in die komende week al die inligting op sosiale media en die US se webwerf deel. Besoek intussen die webwerf van die geleentheid hier om deel te neem.​