Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nasionale Wetenskapsweek: Ontmoet die ware bioloë
Begin: 17/08/2021, 13:00
Einde: 18/08/2021, 14:00
Kontak:Prof Wesaal Khan -
Plek: MS Teams

Ter viering van Nasionale Wetenskapsweek sal nagraadse studente in mikrobiologie, biochemie en genetika 'n reeks praatjies aanbied oor hoe hulle navorsing bydra tot die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte – 'n versameling van 17 globale doelwitte wat onderling verwant is en ontwerp is as bloudruk vir 'n beter en meer volhoubare toekoms vir almal.

​Molekulêre oplossings vir 'n volhoubare Afrika – 17 Augustus, 13:00-14:00    

Click here to join the meeting

Afrika se waterkrisis: Innovasie in monitering en behandeling

Dr Brandon Reyneke, Departement Mikrobiologie

Kontrasepsie en hormoonvervangingsterapie: Vriend of vyand?

Mishkah Simons en Melani Janse van Vuuren, MSc-student in die Departement Biochemie

Ontrafel die effek van seleksie op 'n kommersieel belangrike insekspesie  

Kelvin Hull, PhD-student, Departement Genetika

In die wildernis in: bestudeer koring se familie

Cecile Bester, MSc-student, Departement Genetika

Antimikrobiese ontwikkeling vir gesonde(r) lewens – 18 Augustus, 13:00-14:00

Click here to join the meeting

Suid-Afrikaanse Poligeniese Risikotellings om respons op antipsigotiese behandeling te voorspel

Julienne Knupp, MSc-student, Departement Genetika

Prospekteer vir antibiotiese goud

Wikus Laubscher, PhD-student, Departement Biochemie

Van diagnostiek tot nuwe antimikrobiese middels

Dominic Nicholas, MSc-student, Departement Mikrobiologie