Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hoe weet ons of ’n medikasie of enhierdie aanlyn-sessie van een uur verduidelik prof Shabir Madhi, een van die land se voorste mediese wetenskaplikes, hoe kliniese proewe werk en hoe dit aandui of ’n medikasie of entstof veilitstof veilig en effektief is?
Begin: 20/08/2021, 10:00
Einde: 20/08/2021, 11:00
Kontak:Prof Lizette Rabe - 0218083488
Plek: Online

​Webinaar: Vrydag, 20 Augustus 2021, 10:00

Registreer hier: https://www.magriet.co/censcom

Die Covid-19-pandemie het baie joernaliste onkant gevang wat betref die mediese wetenskap. Hoe verduidelik hulle aan lesers, luisteraars en kykers dat entstowwe effektief is en dat steroïede mense wat ernstig siek is aan Covid kan help? Aan die anderkant: Hoe weet hulle dat daar nie genoeg bewyse is om middels soos ivermektien aan te beveel nie?

In hierdie aanlyn-sessie van een uur verduidelik prof Shabir Madhi, een van die land se voorste mediese wetenskaplikes, hoe kliniese proewe werk en hoe dit aandui of 'n medikasie of entstof veilig en effektief is. Dr Ushma Mehta, 'n konsultant vir geneesmiddelbewusmaking, en dr Harris Steinman, 'n mediese dokter en verbruikersaktivis, sal die bespreking fasiliteer en vrae stel.

Die webinaar word aangebied deur die Universiteit van Stellenbosch se joernalistiekdepartement se Sentrum vir Wetenskap- en Tegnologie-Massakommunikasie (CENSCOM) en GroundUp. Dr Nathan Geffen is stigter en redakteur van GroundUp en direkteur van CENSCOM.