Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Afdeling vir Sosiale Impak Jaarlikse Simposium Uitnodiging
Begin: 02/09/2021, 09:00
Einde: 02/09/2021, 13:00
Kontak:Chevaan Peters - 0218089140
Plek: Ms Teams - Virtual

​Die afdeling vir sosiale impak nooi u hartlik uit na ons jaarlikse Sosiale Impak simposium wat vanjaar aanlyn plaasvind.

Datum:                       Donderdag, 2 September 2021

Tyd:                             09h00 - 13h00

Registreer:                  Klik hier

Die tema van hierdie jaar se simposium is: Hersiening van 'betrokke' vennootskappe vir sosiale impak: Katalisasie van  kruissektorale vennootskappe vir langtermyn sosiale impak.

Vennote, denkers en praktisyns wat universiteits- gemeenskapsvennootskappe hersien vir impaktvolle verandering.

Deur middel van ons strategiese raamwerk is US daartoe verbind om wedersydse vennootskappe te bou deur Ssosiale Impak in diens van die samelewing. As sodanig ondersoek die US wedersydse en wedersyds voordelige vennootskappe waardeur ons kennis saam skep om hierdie verbintenis na te kom. Ten einde maatskaplike uitdagings die hoof te bied en in vennootskap met gemeenskappe bly die US verbind tot die toepassing van ons waardes -Uitnemendheid; Deernis; Verantwoordbaarheid; Respek; Billikheid.

​Die US strewe daarna om oplossings te vind vir uitdagings in die samelewing deur middel van Betrokke Onderrig en Leer, Betrokke Navorsing en Betrokke Burgerskap.

Die doel van die Virtuele Sosiale Impak Simposium:

  • om 'n platform te skep vir eksterne maatskaplike belanghebbendes om met die universiteit in gesprek te tree oor die soort volhoubare verhoudings wat gesmee kan word as vennote wat saamwerk om maatskaplike uitdagings die hoof te bied;
  • bestaande inisiatiewe vir sosiale impak te vier;
  • moontlike toekomstige vennootskappe en samewerking verder te ondersoek en;
  • ​om ruimte te skep om nuwe moontlikhede oor verskillende sektore te kataliseer om sosiale impak op die lang termyn te versterk.

Om te registreer: (klik hier). 

Vir verdere navrae kontak: siadmin@sun.ac.za