Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die politiek van behoort: Oor inheemsheid, identiteit en grond
Begin: 24/08/2021, 15:00
Einde: 24/08/2021, 16:00
Kontak:Ricky Brecht - 021 808 3660
Plek: JustConversation

OOP GESPREKKE

Die Stellenbosch Universiteitsmuseum nooi u uit na 'n bespreking oor:

“Die politiek van behoort: Oor inheemsheid, identiteit en grond"

Prof Zimitri Erasmus (Departement Antropologie, Universiteit van die Witwatersrand)

Prof Zimitri Erasmus is ʼn medeprofessor in Antropologie aan Wits Universiteit, Johannesburg. Prof Erasmus was die ontvanger van verskeie internasionale genootskappe. Haar hoofbelangstellings sluit innoverende, maatskaplik-regverdige onderrigmetodieke, wat van skryf-intensiewe en briefstylmetodes gebruik maak, in.

Prof Christi van der Westhuizen (Sentrum vir die Bevordering van Nierassigheid en Demokrasie [CANRAD], Nelson Mandela-universiteit)

Prof Christi van der Westhuizen is ʼn skrywer, mediarubriekskrywer en ʼn medeprofessor by die Sentrum vir die Bevordering van Nierassigheid en Demokrasie (CANRAD) van die Nelson Mandela-universiteit. Sy was die houer van genootskappe by verskeie universiteite en was ook voorheen ʼn medeprofessor in Sosiologie aan die Universiteit van Pretoria. Haar onlangse navorsing fokus op ras, gender, seksualiteit en nasionalisme in koloniale, apartheid en post-apartheid Suid-Afrika.

Moderator:

Dr Geraldine Frieslaar (Kurator van Navorsing, Dialoog en Maatskaplike Geregtigheid, Universiteitsmuseum)

Datum:                       Dinsdag 24 Augustus 2021

Tyd:                            15:00 SAST

Virtuele platform:      MS Teams


Klik op hierdie skakel om te registreer:

JustConversation