Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Finding Refuge: Ruth Carneson
Begin: 11/08/2021, 13:00
Einde: 11/08/2021, 14:00
Kontak:Ricky Brecht - 021 808 3660
Plek: WednesdayArtTalkabout

Finding Refuge: Ruth Carneson

Die Universiteit Stellenbosch Museum nooi u uit na 'n Woensdag-kunsgesprek met Ruth Carneson en Nancy Richards waartydens hulle oor Ruth Carneson se lewe en kuns sal gesels.

Op die ouderdom van veertien verlaat Ruth Suid-Afrika op haar eie, haar teddiebeer in die een hand vasgeklem en 'n rol van haar tekeninge in die ander.

In die Verenigde Koninkryk herkonstrueer sy met moeite 'n lewe wat deur vrees afgebreek is en vind 'n broodnodige toevlug in die skep van kuns. Haar kreatiwiteit help om die trauma van haar grootwordjare in Apartheid Suid-Afrika, waar haar ouers geteister en gevange geneem is, te hanteer.

Gedurende 1991 keer Ruth terug na Suid-Afrika. Sy woon tien jaar op Robbeneiland en gaan voort om haar kuns te beoefen. Robbeneiland skep vir Ruth 'n veilige plek, 'n plek wat sy 'n tuiste kan noem.

Haar kuns word nie net 'n toevlug nie, maar ook 'n manier om sin van die wêreld te maak.


Ruth Carneson is 'n praktiserende kunstenaar wat in Kaapstad, Suid-Afrika, woon en werk.

Nancy Richards is 'n onafhanklike joernalis en radio-aanbieder in Kaapstad. Sy is die stigter van Woman Zone CT, 'n organisasie sonder winsbejag, en die aanbieder van 'n podsending genaamd Books Stories People.​


DATUM:  WOENSDAG, 11 AUGUSTUS 2021

TYD: 13:00 – 14:00 (SAST)

WEBINAAR:  MS TEAMS

 

Klik hier om te registreer​

WednesdayArtTalkabout