Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
School for Climate Studies
Begin: 29/07/2021, 12:00
Einde: 29/07/2021, 13:30
Kontak:Maryke Hunter-Hüsselmann -
Plek: MS Teams

Die Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, Prof Eugene Cloete, nooi u hiermee hartlik uit na die aanlyn bekendstelling van die Skool vir Klimaatstudies aan die Universiteit Stellenbosch. Die Skool sal transdissiplinêre kapasiteit skep om die klimaat-verwante kennissisteme van die US se fakulteite, die publieke sektor se klimaatsbeleide en inisiatiewe, die privaatsektor se inisiatiewe om klimaatsverwante ongeregtighede te takel en vernuwing hiervoor in te span, en die sosiale impak missie van die US in beide akademiese en toegepaste wyses met mekaar te verbind – ter ondersteuning van die oorgang na 'n klimaatsveerkragtige samelewing en 'n lae-koolstof ekonomie. Dit is die eerste Skool van sy soort in Suid-Afrika wat die status van 'n fakulteit het en beloof om 'n grondverskuiwende inisiatief te wees in die stryd teen klimaatsverandering.

 

Datum: Donderdag, 29 Julie 2021

Tyd: 12:00 - 13:30

Waar: MS Teams

Registreer: https://bit.ly/3xGNL05

 

Die skakel na die aanlyn geleentheid sal aan alle geregistreerde persone gestuur word.

Kontak gerus vir Maryke Hunter-Hüsselmann (mh3@sun.ac.za) vir enige verdere navrae.