Onderwerp
Die ontwerp van ‘n module vir eerstejaars se kennisvaardighede.
Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe het ʼn paar jaar gelede ʼn grootskaalse programvernuwingsprojek van stapel gestuur. Een van die kernbesprekingspunte van die programvernuwingsverwysingsgroep was die behoefte om te herbesin oor die verpligte eerstejaarsmodule wat tans as “Inligtingsvaardighede" bekend staan.
Die Departement Joernalistiek het die leiding geneem met die herontwerp van hierdie module, wat die voorgestelde naamsverandering na “Kennisvaardighede" insluit.
Hierdie aanbieding sal fokus op ʼn outoetnografiese refleksie oor die ontwikkeling van die Kennisvaardighede-module.
Die refleksietemas sluit in:
- Die noodsaak van
deelnemende kurrikulumontwerp
- Raakpute en verskille tussen
akademiese geletterdheid, inligtingsgeletterdheid en digitale geletterdheid
- Die fokus skuif van die deel
van inligting na die skep van kennis.
Die Spreker
Dr Marenet Jordaan is ʼn dosent in die Departement Joernalistiek wat haar navorsing fokus op media-etiek, nuuskantoor-etnografie en die verwantskap tussen professionele joernalistiek en sosiale narratiewe. Sy het stel besonders belangstelling in navorsing oor onderrig en leer, en het in 2020 die US onderrig-toekenning as ontwikkelende opvoeder ontvang.
Vantevore het sy klas gegee by die Universiteit van Pretoria. Haar loopbaan het begin as joernalis by Die Burger en Rapport – nadat sy haar honneursgraad voltooi het – juis by die departement waar sy nou werk.
Tyd: 25 Mei 2021, 12.45 – 13.45
Plek: MSTeams – Klik op die skakel hier onder.
Besprekings: Lucy Lucks
021 808 3717
Dis nie noodsaaklik om te RSVP of te bespreek nie. Jy kan gerus so maak, of jy kan sommer net aansluit by ons deur die MSTeams skakel hier onder te klik.
Navrae: gdullaart@sun.ac.za
Microsoft Teams meeting
Join on your computer or mobile app
Click here to join the meeting
Join with a video conferencing device
529319312@t.plcm.vc
Video Conference ID: 122 284 132 6
Alternate VTC dialing instructions
Learn More | Meeting options