Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Patrone open Wêrelde aanlyn seminaar vir Graad 11-leerders
Begin: 07/10/2020, 18:00
Einde: 07/10/2020, 19:00
Kontak:Maambele Khosa -
Plek: Online / Aanlyn

Die Fakulteit Natuurwetenskappe nooi alle graad 11-leerders hartlik uit na die jaarlikse POW-program (Patrone Open Wêrelde).

Die Patrone Open Wêrelde (POW)-program het in 2018 tot stand gekom ten einde 100 jaar van wetenskapsonderrig en -navorsing in die Fakulteit Natuurwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch te vier. Hierdie jaar bou ons voort op hierdie inisiatief en nooi ons graad 11-leerders om op 7 Oktober 2020 by ons aan te sluit vir 'n aanlyn webinar.

Deur te begin om na die patrone in die wêreld rondom ons te kyk, sal aanbieders leerders wys hoe wiskunde die poort na alle ander natuurwetenskapsdissiplines is. Daar sal ook 'n werksblad met veelvuldige keuse-vrae, gebaseer op die aanbiedings wees wat deelnemende leerders kan voltooi en die volgende dag kan inhandig. Hieruit sal 'n gelukkige trekking plaasvind en die wenner sal 'n TakeALot-geskenbewys wen.  

​Program​​​ 

Die vorms van realiteit  – aangebied deur Dr Sophie Marques, Afdeling Wiskunde, Departement Wiskundige Wetenskappe

Wanneer word taal wiskunde? 'n Inleiding tot die idee van getalle en hoe hulle verskil van ander woorde en konsepte in taal.   

​Is daar 'n knoop in my kabel? – aangebied deur Dr Bruce Bartlett, Afdeling Wiskunde, Departement Wiskundige Wetenskappe

"Knoopteorie" is die wiskundige studie van ineengestrengelde lusse tou op driedimensionele vlak. Dit is fassinerend in eie reg en het baie interessante raakvlakke met ander areas van wiskunde en wetenskap in die geheel – van getalleteorie tot die bestudering van DNS.

​Bioinformatika: gebruik rekenaars om lewe te verstaan – aangebied deur Prof Hugh Patterton, direkteur van die Sentrum vir Berekeningsbiologie en Bioinformatika

Met die opeenvolging van die genome van baie organismes, het dit duidelik geword dat ons berekeningsmetodes benodig waarmee ons die enorme hoeveelheid inligting wat in genome vervat is, kan analiseer en verstaan. Bioinformatika is dus 'n nuwe dissipline waarin ons gebruik maak van rekenaars, ten einde die enorme hoeveelheid data wat geassosieer word met lewende siststeme,  te analiseer en te verstaan. Navorsing in moderne biologie is eenvoudig net nie moontlik sonder bioinformatika nie.

​Pas wiskunde toe op 'n omgewingsprobleem in die regte wêreld – aangebied deur Dr Hardus Diedericks, Afdeling Toegepaste Wiskunde, Departement Wiskundige Wetenskappe

Berekeningsvloeidinamika kombineer toegepaste wiskunde, fisika en rekenaarwetenskap om antwoorde te vind op regtewêreld-vrae. In hierdie voorbeeld gebruik ons berekeningsvloeidinamika om uit te vind of die vrystelling van klein volumes warm water in die V&A Waterfront in Kaapstad, 'n negatiewe uitwerking op die omgewing soos hy tans is, sal hê. 

​Klik hier om te registreer vir die webinar op 7 Oktober 2020 - 

 https://forms.gle/DSFLpMFwk1CQFmQ37

 Klik hier om by die webinar aan te sluit op 7 Oktober - https://bit.ly/2FTF64x​