Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tweede Anton Lubowski-gedenklesing
Begin: 12/09/2020, 12:00
Einde: 12/09/2020, 13:15
Kontak:Ferdi van Dyk -
Plek: Online | Aanlyn

Jy word uitgenooi na die tweede jaarlikse Anton Lubowski-gedenklesing ter viering van die lewe van anti-apartheid aktivis en advokaat Anton Theodor Eberhard August Lubowski (3 Februarie 1952 – 12 September 1989).

Hierdie gedenklesing word aangebied deur die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge, in samewerking met die Fakulteit Regsgeleerdheid en Simonsberg Manskoshuis.

In ooreenstemming met die tyd waarin ons onsself bevind, word vanjaar se lesing aanlyn aangebied. Sluit gerus aan by ons sprekers, regter Dennis Davis, prof Pumla Gobodo-Madikizela en dr Ismail Lagardien waar hulle die onderwerp Social Justice, Quo Vadis – Is Social Justice happening? sal bespreek.

Ons moderator is Max du Preez, redakteur van die Vrye Weekblad, skrywer, kommentator en vriend van wyle Anton Lubowski.

Meer oor ons sprekers:
Regter Dennis Davis is ‘n bekende regsgeleerde, akademikus en media persoonlikheid.
Prof Pumla Gobodo-Madikizela is ‘n sielkundige en beklee die navorsingsleerstoel in Studies oor Historiese Trauma en Transformasie aan die Universiteit Stellenbosch.
Dr Ismail Lagardien is ‘n prominente skrywer en kommentator.

Plek: Aanlyn (Microsoft Teams)
Wanneer: Saterdag 12 September 2020
Tyd: 12:00 – 13:15 (75 minute)
RSVP: Stuur ‘n e-pos aan alumni@sun.ac.za. (Die toegangskode na Microsoft Teams sal op 10 September per e-pos gestuur word.)

Ons sien uit daarna om jou aanlyn te verwelkom!