Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Werkswinkel in Akademiese Skryfvaardighede: Literatuuroorsigte
Begin: 06/04/2020, 09:00
Einde: 07/04/2020, 16:30
Kontak:Selene Delport - 021 808 2947
Plek: Writing Lab

Die Skryflab se Literatuuroorsig-skryfwerkswinkel fokus op verskeie kwessies waarmee skrywers gekonfronteer mag word, soos byvoorbeeld die verskillende tipes literatuuroorsigte, hoe om inligting te organiseer, en praktiese maniere om jou leesvaardighede te verbeter. Ons bespreek ook hoe om inligting op ʼn effektiewe wyse te integreer deur vrae rondom plagiaat en verwysings in ag te neem. Daar word spesifiek aandag gegee aan hoe skrywers hul eie akademiese stemme kan ontwikkel. Na aanvang van die werkswinkel, sal deelnemers sertifikate van bywoning ontvang.

Volledige inligting en die inskrywingsvorm kan van die Taalsentrum se Webwerf afgelaai word. Slegs 20 deelnemers kan in die werkswinkel geakkommodeer word. Om jou plek in die werkswinkel te verseker, e-pos asseblief die voltooide inskrywingsvorm aan Celestia February by februaryc@sun.ac.za.