Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Werkswinkel in Akademiese Skryfvaardighede: Tesisse en Dissertasies
Begin: 30/03/2020, 09:00
Einde: 02/04/2020, 12:30
Kontak:Selene Delport - 021 808 2947
Plek: Writing Lab

​Die Skryflab se Werkswinkel in Akademiese Skryfvaardighede vir Tesisse en Dissertasies bied aan nagraadse studente die geleentheid om op ʼn interaktiewe en praktiese wyse hulle akademiese skryfvaardighede op te knap en om antwoorde op hul vrae rondom akademiese skryf in die algemeen te kry. Verskeie aspekte rondom die skryf van tesisse en dissertasies sal bespreek word, soos die rol van die leser, styl, eksterne en interne struktuur, koherensie, argumentasie asook spesifieke afdelings van 'n tesis of dissertasie. Die idee is egter nie om vir deelnemers vaste 'skryfreëls' voor te hou nie, maar om eerder algemene riglyne te gee oor hoe om verskillende skryfstrategieë te gebruik om inligting, data en argumente op die mees effektiewe manier oor te dra.

Volledige inligting en die inskrywingsvorm kan van die Taalsentrum se Webwerf afgelaai word. Slegs 20 deelnemers kan in die werkswinkel geakkommodeer word. Om jou plek in die werkswinkel te verseker, e-pos asseblief die voltooide inskrywingsvorm aan Celestia February (februaryc@sun.ac.za).