Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gaslesing: Vroue in Sportleierskap
Begin: 20/02/2020, 18:00
Einde: 20/02/2020, 21:00
Kontak:Marvin Koopman -
Plek: Lecture Hall 1046, ground floor, Van der Sterr Building

Maties Sport se Sentrum vir Sportleierskap bied op Donderdagaand, 20 Februarie 2020, 'n gaslesing onder die tema “Vroue en Suksesvolle Leierskap in Sport" aan. Die verrigtinge begin om 18:30 en die gasspreker is me. Dagmar Freitag, lid van die Duitse parlement asook voorsitter van die Duitse Sportkomitee. Na afloop van die lesing sal daar 'n paneelbespreking wees waaraan die Wes-Kaapse Minister van Kulturele Sake en Sport, me. Anroux Marais, en Stellenbosch Universiteit se Hoofdirekteur: Sport, me. Ilhaam Groenewald, ook sal deelneem.

 

Lesing Besonderhede:

Datum: Donderdag, 20 Februarie 2020
Tyd: 18:00 vir 18:30 (verversings sal vooraf beskikbaar wees)
Spreker: Me. Dagmar Freitag, lid van die Duitse parlement
Titel: Vroue en Suksesvolle Leierskap in Sport: 'n Persoonlike en Politiese Perspektief
Lokaal: Lesingsaal 1046, grondvloer, Van der Sterr Gebou
RSVP: Aan Marvin Koopman by marvin@sun.ac.za teen Maandag 17 Februarie, 2020.