Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Regterpresident Dennis Davis lewer eerste jaarlikse lesing oor sosiale geregtigheid
Begin: 20/02/2020, 18:30
Einde: 20/02/2020, 20:30
Kontak:Diane Gahiza - 021 808 3186
Plek: Attie van Wijk Auditorium, Faculty of Theology

Regterpresident Dennis Davis sal die inwydingsrede van die jaarlikse Sosiale Geregtigheid-lesing lewer. Davis sal praat oor die onderwerp, “Sosiale geregtigheid en ekonomiese insluiting: Waarheen Suid-Afrika?"

Die jaarlikse lesing is daarop gemik om bewustheid te skep terwyl dit ook terselfdertyd vakkundigheid bevorder en regskundigheid oor sosiale geregtigheid wil verbreed. Die lesing is een van die verskeie aktiwiteite wat deur die Leerstoel en naaf vir Sosiale Geregtigheid aangebied word met die doel om die beëindiging van armoede en die vermindering van strukturele ongelykheid teen 2030 in die hand te werk in ooreenstemming met die Nasionale Ontwikkelingsplan en strategiese ontwikkelingsdoelwitte.

  • Die lesing, aangebied deur prof Thuli Madonsela, bekleër van die Leerstoel vir Maatskaplike Geregtigheid en die Reg in die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die US, vind eerskomende Donderdag, 20 Februarie 2020 om 18:30 in die Attie van Wijk-ouditorium in die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch plaas.

Madonsela het die volgende oor die onderwerp gesê: “Ubuntu, die antieke filosofie wat menslike koëksistensie in Afrika suid van die Sahara ondersteun, sê 'ek is omdat ons is; my menslikheid is verbind tot en word gedefinieer deur joune. Ek laat jou op my eie risiko sterf en beskerm jou welstand vir my eie beswil omdat ons saam sterker teen die elemente en enigiets wat ons in die gesig mag staar, kan staan.' Dit is my oorwoë mening dat alle menslike koëksistensie oorspronklik in 'n soort van Ubuntu of sin van menslikheid gesetel was. Dit is hoe mense in staat was om hulself behoue te laat bly."

Sosiale Geregtigheid-kafee

Die eerste jaarlikse Sosiale Geregtigheid-lesing sal voorafgegaan word deur vanjaar se eerste Sosiale Geregtigheid-kafee, wat deur prof Madonsela aangebied sal word. Die onderwerp is “Die betekenis en teorieë van sosiale geregtigheid".

Hierdie praatjie word in Huis Russel Botman House in Maraisstraat op Stellenbosch gehou en begin om 13:00.

  • Skakel met Diane Gahiza by tel 021 808 3186 of socialjustice@sun.ac.za vir meer inligting oor die twee geleenthede.