Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hoër onderwys in gemeenskap – samewerkende hoër onderwys, ’n etiek en pedagogie van omgee en Ubuntu
Begin: 22/09/2020, 12:45
Einde: 22/09/2020, 13:45
Kontak:Juanita Layman - 021 808 3717
Plek: MS Teams

SOL Auxin Sessie:  Hoër onderwys in gemeenskap – samewerkende hoër onderwys, ’n etiek en pedagogie van omgee en Ubuntu
22 September 2020, 12:45 - 13:45

Sluit asseblief by ons aan vir die volgende Auxin-sessie, aangebied deur Prof Geo Quinot:

In hierdie aanbieding wil ek op ʼn meewerkende paradigma van onderrig en leer fokus. Ek vra wat die verhouding tussen “JOU” en “ONS” is wanneer ons sê: “JOU onderrig maak saak”. Ek wil aanvoer dat die “ONS” – die relasionele – ʼn inherente deel is van die individuele stelling “JOU onderrig maak saak”. Ek spits my daarop toe om die individuele onderrigpraktyk met ʼn gemeenskap van praktyk te verbind met behulp van ʼn reeks teoretiese diskoerse soos sosiale konstruktivisme, teorieë oor meewerkende onderrig/leer, ʼn etiek en pedagogie van sorg en eindelik, via die Afrika-waarde van ubuntu, te vra of so ʼn meewerkende paradigma moontlik meer gepas is vir ʼn universiteit met die visie om “Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit” te wees. Ek vra of sodanige meewerkende paradigma moontlik in ons konteks meer toepaslik is as die hoogs individualistiese een wat tipies van ʼn tradisionele liberale begrip van die universiteit is. Ek illustreer meer meewerkende benaderings tot leer, en sluit die aanbieding af deur kortliks ʼn paar ondervindings van ʼn eksperiment in een van my modules met besondere klem op studenteterugvoer te deel.

Prof Geo Quinot:

Geo Quinot besit die grade BA (Regsgeleerdheid) LLB (Stellenbosch) LLM (Virginië) MA (Vrystaat) MPA (Birmingham) en LLD (Stellenbosch). Hy is professor in die Department Publiekreg aan die Universiteit Stellenbosch, stigter-direkteur van die multi-institusionele eenheid vir verkrygingsreg in Afrika, die African Procurement Law Unit, en ʼn advokaat by die Hooggeregshof van Suid-Afrika. Quinot is ʼn voormalige visedekaan van die US se regsfakulteit en ʼn US onderriggenoot, nasionale genoot van Teaching Advancement at Universities (TAU), ontvanger van ʼn nasionale Heltasa-toekenning vir uitnemendheid in onderrig en leer en ʼn US Kanselierstoekenning vir lewensprestasie in onderrig en leer. Buiten sy fokus op regsopleiding is hy ʼn gesaghebbende in bestuursreg en staatsverkrygingsreg en -beleid, in die besonder in die Afrika-konteks. Hy het wyd op hierdie gebiede gepubliseer, ook as outeur/mede-outeur/redakteur van sewe boeke. Hy adviseer die regering dikwels oor sake rakende staatsverkrygingsreg en ‑beleid.

 
​Die sessie sal aangebied word op MS Teams, kliek op die skakel onder:

 

Join Microsoft Teams Meeting

Learn more about Teams

Join with a video conferencing device

529319312@t.plcm.vc VTC Conference ID: 1281004284

Alternate VTC dialing instructions


Vir meer inligting en vir RSVP kontak gerus Juanita Layman: jlayman@sun.ac.za of 021 808 3717.

Prof Quinot se aanbevole leeswerk oor die onderwerp:

Bitzer, E. (2001) ‘Understanding co-operative learning: a case study in tracing relationships to social constructivism and South African socio-educational thought’, SAJHE, 15(2), 98-104.  Hier beskikbaar.

Davidson, N., & Major, C. H. (2014). Boundary crossings: Cooperative learning, collaborative learning, and problem-based learning. Journal on Excellence in College Teaching, 25(3&4), 7-55.  Hier beskikbaar.

Noddings, N. (2012) The caring relation in teaching, Oxford Review of Education, 38:6, 771-781.  Hier beskikbaar.