Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dosente se welstand tydens "ERT"
Begin: 25/08/2020, 12:45
Einde: 25/08/2020, 13:45
Kontak:Juanita Layman - 021 808 3717
Plek: MS Teams

ONDERWERP:

Noodmigrasie na aanlynleer in Covid-19:  Impak op geestesgesondheid en welstand van dosente en ander universiteitspersoneel.

Een van die grootste nagevolge van die Covid-19 pandemie is dat ons leef en werk in 'n baie meer virtuele omgewing as vroeër.  Heelwat bedrywe oorleef die pandemie deur te skuif na aanlynwerk, universiteite ook.  Studies wat voor die pandemie gepubliseer is, het reeds aangedui dat aanlyndosente se gesondheid verbeter word as hulle outonomie en vryheid het, gehalte en beste manier van doen kan verseker, as hulle studente en kollegas se betrokkenheid kan bevorder.  Hulle gesondheid word in die gedrang gebring wanneer hulle werkslading nie pas by die tyd wat toegeken is nie, wanneer hulle vir lang tye van intense werk stilsit by 'n rekenaar, en by gebrek aan erkenning aan die kant van kollegas, bestuur en die fakulteit (Whittet, 2019).  Die skuif na aanlynleer in Covid-19 het egter blitsvinnig gebeur en baie klem is geplaas op die voortsetting van uitmuntende onderrig ten spyte van baie onsekerheid en angs.  Dit het bitter min tyd vir dosente en personeel gelaat om hulself voor te berei vir 'n heeltemal ander manier van leer en assesseer.  Insig in en begrip vir die impak hiervan op die geestegesondheid en welstand van dosente en ander kollegas is nog in 'n beginstadium. Hierdie Auxin aanbieding ondersoek die impak van die vinnige migrasie na aanlynleer op die geestesgesondheid van die dosent en ander kollegas.  Dit bied 'n model om stresblootstelling te verminder gedurende die pandemie en ook praktiese riglyne vir selfsorg.


SPREKERS:

Auxin spreker Salisha Maharaj is 'n Senior Kliniese Sielkundige met 'n gesamentlike aanstelling in die Kinder-,  Gesins- en Adolossente eenheid van Tygerberg Hospitaal en in die Universiteit van Stellenbosch (US) se Departement Psigiatrie. Salisha stel veral belang in sielkundige werk met babas en hulle versorgers en is ekstensief opgelei in ouer-baba psigoterapie en die terapie van kleuters onder vyf.  Sy is sekretaris van die Wes-Kaapse verening van baba-geestesgesondheid en het die Gesinsterapiekliniek by Tygerberg Hospitaal gestig. Sy gee baie om vir gesinsterapie en sisteemteorie.

As deel van die paneel sal Dr Christina van der Merwe ook Auxin vrae antwoord. Christina is Hoof- Kliniese Sielkundige by Tygerberg Akademiese Hospitaal en senior dosent aan die US se Departement Psigiatrie op Tygerberg-kampus. Sy is sedert 1989 'n geregistreerde kliniese sielkundige nadat sy die Meestersgraad aan US verwerf het. Haar doktersgraad in 2009 aan die Universiteit van die Vrystaat het gefokus op kindersielkunde. Christina se ondervinding sluit in sielkundige berading by Old Mutual, kliniese berading en assessering aan die adolossente psigiatriese eenheid in Kanada, privaatpraktyk, en direkteur van JVR Test Publishing and Consulting Psychologists. Haar kliniese belangstellings sluit in die sielkundige behandeling van kinders en adolossente, psigometriese toetse en pasiënte met eetversteurings.

Leeswerk:

Frances Ann Whittet (2019): Health and wellbeing of the online lecturer: a phenomenological study, International Journal of Health Promotion and Education, DOI:

10.1080/14635240.2020.1713189 (kliek hier)

Mohamed Buheji, Haitham Jahrami, Ali Sabah Dhahi (2020). Minimising Stress Exposure During Pandemics Similar to COVID-19. International Journal of Psychology and Behavioral Sciences 2020, 10(1): 9-16 (kliek hier)

​The Crisis Kit. 5 Tools for Helping Clients Through Turbulent Times. (kliek hier)


 

WANNEER:  
25 August 2020  12:45 – 13:45

WAAR:
MS Teams by hierdie skakel:

Join Microsoft Teams Meeting

Learn more about Teams

Join with a video conferencing device

529319312@t.plcm.vc VTC Conference ID: 1259751157

Alternate VTC dialing instructions


NAVRAE & RSVP:

Juanita Layman at jlayman@sun.ac.za Tel: +27 21 808 3717 of gdullaart@sun.ac.za

Auxin Aug2020 3.jpg