Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin 28 Julie: Onderrig en leer in die nexus tussen teorie en praktyk
Begin: 28/07/2020, 12:45
Einde: 28/07/2020, 13:45
Kontak:Juanita Layman - 021 808 3717
Plek: MS Teams

​​SOL Auxin Sessie

Aangebied deur: Prof Karin Baatjes. As ‘n wenner van US se Onderrigtoekenning in die kategorie vir vir Ontluikende Dosente (2019)
Onderwerp:  Onderrig en leer in die nexus tussen teorie en praktyk.
Datum:  28 Julie 2020, 12h45 – 13h45

 
MS Teams sessie:  klik hier

 Vir meer inligting en vir RSVP kontak gerus Juanita Layman by jlayman@sun.ac.za of 021 808 3717.

ONDERWERP:

Studente vind leer meer betekenisvol wanneer hulle loopbaan-spesifieke, kontekstuele materiaal kan toepas op teorie.  Om akademiese en praktiese leer te integreer, moet 'n student leer om inkomende inligting te filtreer en te inkorporeer met voorafgaande kennis en ervarings.  Dit kan bereik word deur die student gereeld bloot te stel aan 'n verskeidenheid van relevante scenario's.  Deur realistiese voorbeelde en aktiwiteite te verskaf waar konsepte toegepas kan word, kan 'n mens studente motiveer vir leer en hulle help om van abstrakte tot konkrete konsepte te beweeg. Dosente wat kontekstuele leeraktiwiteite in hulle onderrig inkorporeer, het ook die geleentheid om die loopbaanrolle en die verborge kurrikulum van die veld te modelleer.


SPREKER: 
Karin Baatjes
is 'n mede-professor in Chirurgie en is die hoof van die Afdeling Kliniese Anatomie by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe van die Universiteit Stellenbosch (US). Sy het in 2004 as genoot van die Kollege van Chirurge van Suid-Afrika gekwalifiseer, in 2005 die MMed in Chirurgie behaal en in 2018 die PhD in Chirurgie. In 2018 en 2019 het sy onderskeidelik die SAFRI (Sub-Sahara Afrika Faimer Streeksinstituut) en die US kursus vir akademieskap van opvoedkundige leierskapskursus (SOEL) voltooi. In 2019 het sy die US toekenning vir Onderriguitnemendheid in die ontwikkelende kategorie ontvang. Prof  Baatjes se loopbaan is 'n driedelige versnit van chirurgiese sorg, die onderrig van gesondheidsberoepslui, en navorsing, oorkoepelend in hierdie velde. Buite haar werksomgewing het sy 'n sterk begeerte om voedsel- en higiëne-onsekerheid vanaf grondvlak tot nagraadse studente te verbeter en om opvoedkundige ondernemings te ondersteun.


 

BRONNE:

Prof Baatjes beveel die volgende artikels oor die teorie-praktyk nexus aan:

​Koens, Franciska; Mann, Karen V.;  Custers, Eugène J.F.M.; Ten Cate, Olle T.J.. 2005. Analysing the Concept of Context in Medical Education. Medical Education 39 (12): 1243–49. https://doi.org/10.1111/j.1365-2929.2005.02338.x.  (Klik hier om af te laai.)

Krause, Stephen J.;  Waters, Cindy;  Stuart, William, J. P. E.  Judson, Eugene; Ankeny, Casey J. and Smith, Bethany B. 2016. “Effect of Contextualization of Content and Concepts on Students' Course Relevance and Value in Introductory Materials Classes." ASEE Annual Conference and Exposition, Conference Proceedings 2016-June (i). https://doi.org/10.18260/p.26894. (Klik hier om af te laai.)

McMillan, Wendy J. 2010. Teaching for Clinical Reasoning - Helping Students Make the Conceptual Links. Medical Teacher 32 (10) e436-e442. https://doi.org/10.3109/01421591003695303. (Klik hier om af te laai.)