Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin met Prof Mbulungeni Madiba
Begin: 26/05/2020, 12:45
Einde: 26/05/2020, 13:45
Kontak:Juanita Layman - 021 808 3717
Plek: MS Teams

Titel van aanbieding: Die implementering van multitaligheid in SA universiteite: dilemmas en innoverings

Titel en aaam van aanbieder: Prof Mbulungeni Madiba, Dekaan:  Fakulteit Opvoedkunde

Kort Biografie van aanbieder: Prof Mbulungeni Madiba is sedert September 2019 Dekaan aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Opvoedkunde. Hy was direkteur van die Multilingual Education Project (MEP) aan die Centre for Higher Education Development (CHED) by die Universiteit Kaapstad (UK).  Daar was hy ook dekaan en vise-dekaan en voorsitter van die UK Senaat se taakomittee, en het gedien op die UK raad.​ Prof Madiba het 30 jaar ondervinding in onderwys en baie ervaring in leierskap en bestuur.  Hy is 'n volle professor in Multitalige Onderrig, en het 'n DLitt et Phil (Linguistiek) graad by Unisa verwerf. Hy het navorsingsgenootskappe en toekennings ontvang van verskeie instellings, ook die universiteite van Keulen, Londen (Oppenheimer genoot), Birmingham en Harvard (Mandela genoot). Sy navorsing word erken met 'n C gradering by die Nasionale Navorsingstigting.  Hy stel belang in taalbeplanning en -beleid, veral in multitalige onderrig.

OpsommingNa 26 jaar van demokrasie is daar steeds heelwat dilemmas met die implementering van multitalige leerprogramme aan Suid-Afrikaanse universiteite (SAMRK Verslag, 2014). Hierdie  dilemmas is teoreties, ideologies, metodologies en prakties van aard.  Party van die dilemmas is blootgelê deur die  COVID-19 pandemie.  Meeste universiteite is net nie toegerus om multitalige materiaal te verskaf om leer en onderrig  te ondersteun vir studente wat van die huis af oor groot afstande heen probeer studeer nie. Die volgende Auxin aanbieding se doel is om hierdie dilemmas te bespreek en om innoverende strategieë te deel om hulle te oorkom. Transtaligheid word voorgestel as 'n innoverende onderwysstrategie om uitdagings te oorkom in die implementering van taalbeleid. Transtaligheid help multitalige studente om hulle volle linguistiese repertoire te gebruik wanneer hulle leer en slaan 'n brug tussen taalbeleide en onderrigpraktyke.

Datuum en tyd: 26 Mei 2020, 12:45 - 13:45 

Plek: MS Teams

Vir meer inligting en vir RSVP kontak gerus Juanita Layman
jlayman@sun.ac.za
021 808 3717

Indien u nie meer die AUXIN kan bywoon nie, versoek ons dat u asseblief u registrasie ten minste 24 uur voor die tyd kanselleer, deur Me Layman te kontak (kontakbesonderhede hierbo). Daar is sekere kostes verbonde aan elke AUXIN vir SOL, en die versoek is om finansiële implikasies te minimaal te hou.

Na afloop van die sessie sal die potgooi beskikbaar wees op SOL se webtuiste: www.sun.ac.za/ctl