Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kortkursus: "Studying Democracy: Theory – Concepts – Methods"
Begin: 02/12/2019, 08:00
Einde: 04/12/2019, 18:00
Kontak:Prof Ursula van Beek - 8089344
Plek: Room 648

Die Eenheid vir Transformasienavorsing (TRU) aan die Departement Politieke Wetenskap is sedert die vroeë negentigerjare aan die voorpunt van vergelykende transkulturele studies van nuwe en gevestigde demokrasieë. Ter aanvulling van die deurlopende navorsing is TRU nou besig met aktiwiteite wat op kapasiteitsbou gemik is. Die program streef daarna om die volgende generasie navorsers en burgerlike leiers in Suid-Afrika op te lei in tradisionele en opkomende metodes en tegnologieë in 'n datagedrewe studie in sosiale wetenskappe.

Die Program sluit in:

  • Data Hub word geskep in vennootskap met wêreldwye toonaangewende sentrums vir data-insameling
  • Uitreikprogramme in die vorm van aanlyn tutoriale
  • Opleidingskursusse

 Die loodskursus duur vanaf 2-4 Desember 2019. Die aanbieders is toonaangewende akademici en kundiges in die bedryf van prominente instellings regoor die wêreld. Die onderwerpe wissel van prosesse van demokratisering, tot verkiesings in Afrika, tot internasionale betrekkinge, tot digitalisering en sosiale media, en tot analitiese navorsingsbenaderings.

 TRU nooi US dosente en studente uit om die kursus by te woon en terugvoering te gee om 'n eerste van hierdie soort Somerskool in die Suider-Afrikaanse streek te vestig.