Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US se jaarlikse Sportdag
Begin: 01/11/2019, 11:00
Einde: 01/11/2019, 15:00
Kontak:Shibu Mamabolo (shibu@sun.ac.za), or Adean Schippers (schippers@sun.ac.za) -
Plek: Coetzenburg Sports grounds

​Die US se jaarlikse sportdag word beplan vir 01 November 2019 op Coetzenburg-sportterrein en sal om 11:00 begin. 

Die reëlingskomitee, wat personeellede van Menslike Hulpbronne se Welwees-Afdeling en Maties Sport insluit, sal die sportdag fasiliteer. 

Om optimale deelname te verseker, wil die reëlingskomitee via 'n verteenwoordiger met al die verantwoordelikheidsentrums (VS) en fakulteite saamwerk. 

Hiermee word versoek dat elke VS en Fakulteit 'n verteenwoordiger benoem. Die verteenwoordiger sal dien as die kontakpersoon vir die spesifieke omgewing en sal ingelig word oor die aktiwiteite van die dag asook die manier waarop personeellede aan die aktiwiteite kan deelneem. 

Stuur asseblief die naam en kontakbesonderhede van die verteenwoordiger van u omgewing aan Shibu Mamabolo by shibu@sun.ac.za, of Adean Schippers by schippers@sun.ac.za, teen nie later nie as Vrydag, 18 Oktober 2019.